Successfully reported
+43

Royston Hall Historical Guest House

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Royston Hall, Lot 949 Royston Lane, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Royston Hall Historical Guest House is 'n statige ou Victoriaanse Herehuis in Umtentweni en is gelys as 'n huis met historiese belang deur die Geskiedkundige Raad. Die huis is weggesteek in sy eie klein natuurreservaat en dit bied 'n uitsig oor die Umzimkulu-riviermonding met die Indiese Oseaan in die verte.

Verblyf word in 7 suites aangebied wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Suite nr. 5 het 'n bad en stort. Een enkelkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n TV, WiFi, yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige suites het ook 'n kaggel, stoep of balkon.

Gaste kan in die formele sitkamer of in die tweede sitkamer met 'n Afrika-tema by die slaapkamers ontspan.

Die groot swembad het 'n dek met 'n uitsig oor die duine. Die Victoriaanse stoep strek reg rondom die gebou en hier word ontbyt bedien indien dit mooi weer is. Anders word dit in die formele eetarea bedien.

Die gastehuis tel 208 soorte voëls en met 'n bietjie verbeelding voel dit of gaste hulself in 'n reuse voëlhok sonder heinings bevind. Voëlkykgroepe is welkom; doen gerus navraag oor spesiale tariewe.

Die gastehuis is 118 km suid op die N2 van Durban af geleë en 2,3 km van die Umtentweni-swemstrand af. Dit is ook naby alle geriewe en 9 wêreldklas-gholfbane.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Susan S
5.0
Very pleasant. Just one night for business. Very pleasant and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Home away from home. Ons huis weg van die huis! Beste en mooiste plek om te bly!
Mei 2025
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Asemrowend mooi! Hemel op aarde! Die mooiste plek en ek sou graag nog langer wou gebly het. Vriendelike diens en ek sal beslis aanbeveel.
Nov 2024
Quinton V
5.0
I love it! A real gem, one of the best places I have stayed in KZN! The house itself is amazing, the owner is so nice and the forest ar...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Caroline V
4.8
Fantastic. Lovely. Rina and her husband are wonderful hosts. The history of Royston Hall is incredible. The surroundings are tranquil w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Royston Hall, Lot 949 Royston Lane, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Royston Hall Historical Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Royston Hall, Lot 949 Royston Lane, Umtentweni, 4235, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9e0209d45bb155808b39afea3abd0ea10cf81863d0b3463dad4f421abe11cccdd27c523033cf01106d419f2374770c36c30e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 Royston Hall Lot 949 Royston Lane 4235 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -30.712385393883 30.447117181545

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang