Santorini 406A
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 99 Marine Drive, Santorini 406, Oslo Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Santorini 406 is 'n selfsorgwoonstel in Margate, in die hartjie van die Hibiskuskus. Margate is bekend vir sy pragtige strande, natuurlike woude en subtropiese klimaat - en vir baie is dit bloot hul plek vir 'n wonderlike somervakansie. Behalwe vir die strande, bied Margate ook van die beste snorkel- en duikroetes in Suid-Afrika.
Die woonstel het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 driekwartbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en bevat 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 mense, terwyl die sitkamer 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n OpenView-dekodeerder het.
Die leefarea lei na 'n lieflike balkon wat 'n buite-eettafel en 'n gasbraai het. Die kompleks het 'n pragtige swembadarea en 'n ondergrondse parkeerarea.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 738
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 99 Marine Drive, Santorini 406, Oslo Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 99 Marine Drive, Santorini 406, Oslo Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang