Successfully reported
+27

Selah House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Malgas Street, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Selah House is in Vermont wat 90 min se ry vanaf Kaapstad is. Dit bied selfsorgverblyf in 'n vakansiehuis waar gaste weg van die stad se gedruis kan ontspan. Die huis is minder as 300 m vanaf die loopvlak tussen Vermont, Onrus en Sandbaai.

Die verblyf is geskik vir tot 6 gaste en het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en groot vensters wat see-uitsigte in die verte bied. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en-suite stort. Daar is 'n bad in die derde badkamer.

Die hoofleefarea is op die grondvloer en het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en 'n -sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix, Showmax, Disney+, YouTube en DStv Stream. Daar is gratis WiFi.

Daar is 'n ingeboude braai op die beskutte stoep waar gaste soggens na die branders kan luister. Daar is ook 'n graspek waar kinders kan speel, en parkeerplek voor en agter die huis.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elsabe C
Saam met vriende
5.0
Sal dit vir enigiemand aanbeveel, 'a home from home'. Lieflike huis, smaakvol gemeubileer met alles wat jy nodig het, skoon. Ons het heerlik gebly, ba...
Sien meer
Okt 2025
Monica H
Gesin met tieners
5.0
Where charm meets comfort. A beautiful house in a peaceful environment, and well-equipped, clean, and comfortable accommodation. Comfor...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Masixole R
Saam met vriende
5.0
Very enjoyable. Incredible, we had an absolute blast!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Miche R
5.0
Truly an amazing beach house. I would definitely recommend it. We truly enjoyed our stay at Selah House. The view from the rooms is so ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Sherwen C
Saam met vriende
5.0
Ek sal die huis enige tyd aanbeveel. Dit is 'n baie lekker huis. Baie gemaklik met alles wat jy soek.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jeanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 1 Malgas Street, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Selah House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Malgas Street, Vermont, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e08a9106be7588e1a2895f3e2c2149615e22b0f584cec9fa6747d7ebe6e2bd9fda8efcfd8969ecde7661b673f8a55ccbc2d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 25 5 1 5 1 Malgas Street Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.419794119978 19.150656553931

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang