Successfully reported
+37

Son op die Water

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofontwikkeling 24, Dwarswegstrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Son op Water is 'n bekoorlike strandhuis in Dwarswegstrand, naby Groot-Brakrivier en Mosselbaai. Dié dubbelverdiepinghuis is in 'n baie veilige privaat-oord geleë. Mense wat hier aanklop is mal oor die asemrowende uitsig oor die oseaan en die feit dat dit net 200 m van die strand af is.

Die huis bied slaapplek vir 6 mense en daar is 4 slaapkamers. Drie van die slaapkamers is op die eerste vloer en die ander een is op die grondvloer. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware op die eerste vloer. Daar is 2,5 badkamers in totaal.

Groot-Brakrivier is halfpad tussen George en Mosselbaai geleë en dis bekend as 'n lieflike, rustige omgewing. Uitgestrekte panoramiese uitsigte komplementeer die uitstaande eienskappe van hierdie Suid-Kaapse juweel. Die pragtige, ongerepte strande en die strandmeer bied hope geleenthede vir lekker swem en sonbaai. Die suidelike noordkapperwalvis en ander walvisse kom gereeld van Mei tot November in die omgewing voor en dit is een van die dorp se hoofbesienswaardighede. Benewens die ander strandhuise is daar ook 'n kiosk en 'n karavaanpark in die oord.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sharlé V
Gesin met klein kinders
5.0
Veiligheid is baie goed, vreeslik mooi uitsig, baie huislik. Ons het baie lekker gebly by Son op die Water. Baie veilig! Verskriklike mooi uitsig, bos...
Sien meer
Apr 2025
Tanya R
5.0
Naby aan die strand, lekker, rustig. Lekker, rustige verblyf. Mens kan die see sien, hoor en dit is binne loopafstand. Die huis is goed toegerus en sk...
Sien meer
Mrt 2025
Johann V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier, gasheer baie behulpsaam en vriendelik. Baie rustige omgewing, gelukkig min blaffende honde wat die rus gewoonlik versteur by plekke. D...
Sien meer
Feb 2025
Anna-marie G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Pragtige plek, presies wat ons gesoek het. Naby die see, ruim en binne loopafstand van die see. Die eienaar het ons baie welkom laat voel....
Sien meer
Mrt 2024
Jacobus L
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekende waarde! Alles wat jy nodig het en meer. Gasheer was baie hulpvaardig. Ons kom vir seker terug!
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

André Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kloofontwikkeling 24, Dwarswegstrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Son op die Water het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kloofontwikkeling 24, Dwarswegstrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc49eb7656c1e551969cf8f8806501a759147c0b052554d166276666ee4465c509dbc9d77ed86b98f562ca217430231724f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 6 mense 30 5 1 5 Kloofontwikkeling 24 Dwarswegstrand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.050399784433 22.276914775421
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang