Successfully reported

St Lucia Wilds

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Ivor C
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2024

Great stay. Great location. Clean. Friendly. Hospitable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan E
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Jul 2024

Baie aangenaam. Baie gerieflik, gaan weer hier bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rozaan L
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Amazing. Die atmosfeer is baie lekker. Ek is mal oor die bos/see omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cindy M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2025

Netjies en skoon. Gasvrou is uiters vriendelik en behulpsaam. Die plekkie is baie skoon, netjies en goed toegerus. Rustige, veilige en stil omgewing. Hoofslaapkamer was bietjie klein en bed redelik laag, maar ons het lekker geslaap en gebly. Sal weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dewald V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Top gehalte diens. Baie dankie, dit was baie lekker gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mev E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Ons kom weer. Ideaal vir voëlkykers. Rustig. By St Lucia se stap in die bospaadjies.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Claudia H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Aug 2024

Gemengde gevoelens oor die plek. Sal ek dit aanbeveel - ek weet eerlikwaar nie. Toe ons daar aangekom het die aand, was daar geen elektrisiteit en dus ook geen water (koud of warm) nie. Ek verstaan dit was buite hulle beheer, maar geen backup plan is gemaak nie. Net vir ons te sê hulle verstaan as ons nie wil bly nie, is nie eintlik aanvaarbaar nie. Ons het ver gereis, waarheen sou ons dan gegaan het? Die huisie was skoon genoeg, alhoewel die kombuis bietjie stowwerig was. Beddens effens ongemaklik, en die hoofslaapkamer is baie klein. Die kaste het basies net hangplek. Stoele buite is ook op hulle laaste bene. Oor die algemeen was dit nie net sleg nie, maar ek dink ek nie ek sou dit kan aanbeveel vir langer as 'n naweek nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Imelda
St Lucia Wilds
Ek is jammer dat die verblyf onaangenaam was. Die afgelope drie dae was stresvol met Eskom se aan- en afskakelings, wat ons ook geraak het. Ongelukkig is die geiser nie op die kragopwekker nie, so ons kon nie warm water voorsien nie. Daar is egter altyd koue water in die krane en toilette, en die kombuis het ’n gasstoof en sonkragligte. Die slaapkamers het herlaaiende ligte, maar die kragonderbrekings het dit beïnvloed. Ek het opreg probeer om ander akkommodasie met warm water vir julle te vind, maar dit sou dalk effens ongerieflik gewees het om te skuif. Ons dorp het ander blyplekke en ek sou gehelp het om iets te reël. Ons waterstelsel werk met ’n drukpomp, maar die nuwe pomp is te sterk vir die kragopwekker, en die water sou steeds koud gewees het. Die een slaapkamer is jare gelede klein gebou en kan ongelukkig nie verander word nie, maar die leefarea is groot met ’n hoë plafon vir ekstra ruimte. Meeste mense verkies om hul tyd in die leefarea te spandeer eerder as in die slaapkamers. Dit is moeilik om almal se behoeftes vir beddens, matrasse en kussings te voorsien. Die huisie is ingerig vir kort verblyf, maar ons sal beslis meer laaie en rakke in die kaste installeer. Ek vra omverskoning oor die stowwerigheid; dit is moeilik om dit te beheer met oop vensters en die agterdeur wat oop was terwyl die wind gewaai het. Ons het nie stukkende tuinstoele gevind nie, maar ek is jammer dat julle nie die verblyf geniet het nie en dat julle nie enige van die probleme met ons bespreek het nie. Nogmaals, jammer dat die verblyf onaangenaam was.

Rohan Q
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2021

Quiet and peaceful. The hosts were very friendly and helpful. Lovely garden. Right next to stunning forest walk.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2020

Was heerlik. Ongelukkig nie seekoeie gesien maar baie ander diere. Catalina uitkykpos was pragtig. Cape Vidal net so prentjie mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johannes B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Nov 2020

Heerlik gekuier. Kan die akkommodasie met vrymoedigheid aanbeveel. Sal beslis weer besoek.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Imelda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 15 jaar

Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 174 McKenzie Street, St Lucia Estaury, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqlSlTusT4n9G7UUYJoCOcrJAFQQgILhbwqWnK0Qn3u1Adm2M4a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 174 McKenzie Street St Lucia Estaury KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -28.382929099294 32.408342957497

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang