Successfully reported
+12

St Tropez 503

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 503 St Tropez, 183 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

St Tropez 503 is 'n selfsorg-enkelwoonstel wat ideaal geleë is in die veilige St Tropez-woonstelblok in Strand, net oorkant die swemstrand. Die woonstel het beeldskone uitsigte oor Valsbaai en is net 'n paar minute van die gholfbaan en die inkopieparadys Somerset Mall af.

St Tropez 503 het slaapplek vir maksimum 2 gaste en beskik oor 'n 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en jy kan die pragtige see-uitsigte gemaklik in jou bed sit en aanskou. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas en vrieskas, mikrogolf en 'n Nespresso-koffiemasjien in. Die gemaklike sitarea het 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket en onbeperkte WiFi.

Die St Tropez-kompleks het gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk op die grondverdieping en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Die verblyf het 'n omsetter wat tydens beurtkrag inskop en die TV en WiFi aanhou. Gaste sal ook 'n selfoon of skootrekenaar kan laai, en daar is 'n gasstofie met 'n ketel wat gaste kan gebruik.

Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige strandvakansie en is net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af en naby Stellenbosch waar jy 'n verskeidenheid wynplase kan besoek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Chantel Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 133

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Unit 503 St Tropez, 183 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink St Tropez 503 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 503 St Tropez, 183 Beach Road, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4d973c72f5f915c77fada51c1999019a8c5fce870abe729b00792fdb9cec21c2a7124a5dd00b07516c9a6640c4a9ac9d1702?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Unit 503 St Tropez 183 Beach Road 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.1050266 18.818007
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang