Successfully reported
+176

Stay @ Gracios

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 080 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Stay@Gracios is in Oudtshoorn op pad na die Kangogrotte geleë. Die dorp is op die bekende Kaapse Roete 62 in die Wes-Kaap geleë. Dit spog met die grootste volstruispopulasie in die wêreld en dié volstruise is op verskeie uitstekende volstruisskouplase in die distrik. Die eiendom is in 'n veilige, stil, afgesonderde singel langs die Cango Wildlife Ranch geleë en bied totale privaatheid.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede wat op die grondverdieping geleë is.

Die tweeslaapkamervilla se eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea lei na 'n stoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof, oond, eetgerei, breekware en 'n ontbythoekie toegerus. Dit sitarea spog met gemaklike banke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Verder is daar 'n etenstafel vir 6, 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien en droogmaak- en strykgeriewe. Daar is stoepmeubels en draagbare braaigeriewe.

Die eenslaapkamervilla het 'n platskerm-TV met satellietkanale en die slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolf, breekware en eetgerei toegerus.

Riverside View is op die grondverdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die kombuis is met 'n mikrogolf, ketel, gasstoof, elektriese eenplaatstoof en 'n yskas toegerus. Daar is ook 'n slim-TV met satellietkanale en toegang tot 'n braai-area.

Die parkeerplek is naby die ingang. 'n Klimraam en 'n trampolien is vir kinders beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 131 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Yolande O
Gesin met tieners
5.0
We had a lovely stay at Gracios. Our stay was awesome. Lovely environment and the apartment had everything you need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Theana V
Gesin met klein kinders
5.0
Puik, skoon, netjies, modern. Alles was perfek en wonderlik. Dit was wonderlik. Glad nie gevoel of ons in 'n dorp is nie. Stil en rustig. Fasiliteite ...
Sien meer
Aug 2025
Bea P
5.0
Rustig, gerieflik en privaat. Ons het die Riverside view-eenheid vir die KKNK bespreek en sal beslis weer hier bly! Die huis was skoon, ruim en bied p...
Sien meer
Apr 2025
Viwo M
Saam met vriende
5.0
Beautiful house and the host Lidia was very welcoming, we enjoyed our stay. We booked for the 28/02 - 02/03/2025 for the Cango Marathon...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Lilian M
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik. Goed ingerig, alles wat mens nodig het. Stil omgewing.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lidiana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 144

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay @ Gracios het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 080
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 080
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 080
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 51 Botha Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf3a0f4b930f75459eb5f7a11baf2a56a214a68c1018364154d52bc77ac543d4ee70839836eb1e6db0c909aad8c4be19bece9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag (plek vir 4) 131 5 1 5 51 Botha Street Oudtshoorn 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -33.569303067873 22.208858716602
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang