Successfully reported
+97

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sweetfontein Farm, Off the N10, Britstown, 7000, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sweetfontein Boutique Farm Lodge is 'n werkende skaap- en bokplaas wat in die boonste Karoo-streek langs die N10 geleë is. Die lodge bied reisigers, vakansiegangers en natuurlewe-entoesiaste gerieflik gemeubileerde kamers 25 km vanaf Britstown, en 35 km vanaf De Aar.

Die lodge bied gaste 'n keuse van executive- en standaardkamers wat tussen 2 en 5 mense kan akkommodeer. Die kamers is ingerig met gemaklike beddens, en elke kamer het 'n en suite-badkamer. Gerieflikheidshalwe word warm komberse en elektriese komberse voorsien. Elkeen van die lugversorgde kamers is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi.

Gaste kan ontspan in die knus sitkamer wat 'n kaggel het, of op die stoep wat oor die plaas uitkyk met 'n skemerkelkie. 'n Swembad is beskikbaar vir gebruik op warm dae, en veilige parkeerplek word voorsien. Rook word nie in die lodge toegelaat nie, en slegs in aangewese buite-areas.

Ontbyt, middagete en aandete is teen 'n ekstra koste beskikbaar, en Sweetfontein Boutique Farm Lodge is trots op sy outentieke Karoo-geregte, van lamskenkels tot skaapsterte, of die sogenaamde “skaapstertjies”. Die plaas bied ook 'n verskeidenheid fiets- en staproetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 161 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marius P
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Baie aangename ervaring, rustig, veilig en afgerond met puik diens. Ons het baie lekker en rustig gekuier in netjiese akkommodasie omring met mooi ...
Sien meer
Okt 2025
Liesel D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi dekor. Lekker gebly, baie dankie.
Aug 2025
Freddie V
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslik lekker gekuier, vriendelike personeel. Vreeslik lekker gekuier, vriendelike bestuur en personeel, alles skoon en netjies.
Jul 2025
Leola K
5.0
An unforgettable stay at Sweetfontein - a hidden gem! My teenage son and I travelled from Johannesburg with our two dogs and spent the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Dulcie N
Saam met vriende
5.0
Altyd net besonders. Hier kan 'n mens jou verlustig in nie net die mooi van die Karoo nie, maar ook in die ruimhartigheid van gasvryheid en pragtige l...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Dorette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 189

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sweetfontein Farm, Off the N10, Britstown, 7000, Noord-Kaap
  • Gaste dink Sweetfontein Boutique Farm Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sweetfontein Farm, Off the N10, Britstown, 7000, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNhZDI1OGQyLWU1ZTEtNDYxYS05MWEyLTQwOTlkMWJkMGM0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2) 161 5 1 5 Sweetfontein Farm Off the N10 7000 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.6186 23.7095
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang