The Aloes
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 2033 Scorpion Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            The Aloes bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n boshuis wat in 'n stil area in Marlothpark geleë is. Die huis front na die ongerepte parkland en gaste kan in die swembad of op die stoep ontspan en die wild geniet. 
Die huis het 2 slaapkamers op die onderste verdieping en 'n groot solderkamer met beddens, 'n sitarea en 'n balkon. Daar is slaapplek vir 6 gaste. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort. Daar is 2 enkelbeddens in die solderkamer, met 'n sitarea en 'n lessenaar vir diegene wat 'n bietjie werk moet doen. Die derde badkamer het 'n bad en is op die onderste verdieping. 
Die huis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is met 2 yskaste, 'n oond en stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Verder is daar 'n braai-area, lugversorging en gratis WiFi. 
Daar is 'n battery-sisteem vir wanneer beurtkrag inskop. 
Gaste kan die Afrika-bosveld in hierdie natuurreservaat geniet, waar koedoes, sebras, vlakvarke, kameelperde, bosbokke, nagapies en ander wild vrylik rondloop. Daar is ook 'n oorvloed voëllewe. Die huis is 22 km vanaf die Krokodilbrughek in die Krugerwildtuin.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lee Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 2033 Scorpion Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink The Aloes het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 2033 Scorpion Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang