The Oaktree House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of Market and Roos Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
The Oaktree House is 'n ruim selfsorg-huis vir 12 gaste in Clarens.
Dié huis is met pragtige kunswerke versier en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Drie van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, sowel as 'n en suite-stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel geniet en in die sitarea voor die kaggel of TV met Netflix en DStv Now-kanale ontspan. Netflix word voorsien, maar indien gaste DStv Now-kanale wil kyk, sal hulle hul eie profielnaam en wagwoord gebruik. WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdak-stoep met 'n sitarea, braaigeriewe en 'n uitsig oor die omliggende areas. Veilige parkeerplek word voorsien.
Gaste kan verskeie restaurante, kafees, kunsgalerye of die Basotho Cultural Village besoek. Hulle kan ook 'n potjie gholf gaan speel. Ander aktiwiteite in die area sluit vierwielmotorfiets- en bergfiets-roetes, voetslaanpaaie, staproetes, 4x4-roetes en riviervlotvaart in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Corner of Market and Roos Street, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink The Oaktree House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corner of Market and Roos Street, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang