Three Sisters Guest Farm
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Three Sisters Guest Farm is 900 m van die N1 en bied rustige oornagverblyf op 'n werkende skaapplaas onder aan die bekende Drie Susters-heuwels. Hierdie is die oorspornklike plaas Three Sisters waarop die benkende landmerk van die drie koppe is. Dit is die ideale opsie vir reisigers omdat dit so naby die N12 is wat na Victoria-Wes en Kimberley.
Hierdie gasteplaas bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste. Die meeste kamers het enkel- en driekwartbedddens terwyl sommige kamers dubbelbeddens het. Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n stort en 'n bad. Alle linnegoed en badhanddoeke word verskaf, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Elke kamer het ook 'n koffiestasie, yskassie, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Kamer 6 het egter 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie. Hierdie kamer het 'n privaat ingang en 'n stoep met 'n tafel en stoele.
Alle kamers het toegang tot 'n braai-area met braaitoerusting. Gaste het toegang tot die pragtige, groot tuin en die swembad. Verskeie plaasdiere sal gereeld hul verskyning maak en gaste kan ook draf of fietsry op die plaas.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Nicolette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 148
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Three Sisters Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: N1, Three Sisters Farm, Three Sisters, 6970, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang