Successfully reported
+30

Unionview Guest house

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Middelberg Street, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Vanaf R740 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Unionview Guest house is aan die bopunt van Pretoria, aan die einde van 'n stil doodloopstraat, met 'n uitsig oor die Uniegeboue, geleë. Ons bied sakpasverblyf met 'n sentrale ligging en asemrowende uitsigte en die gastehuis is uiters gerieflik vir sakereisigers en toeriste.

Ons is na aan UNISA, SABS en die Zuid-Afrikaanse, Jakaranda- en Little Company of Mary-hospitale geleë. Die Universiteit van Pretoria, verskeie ambassades en die Brooklyn Winkelsentrum is ook net om die draai.

Elke en suite-kamer het 2 driekwartbeddens, 'n TV, mikrogolfoond en 'n yskassie met 'n deur wat lei na die groot veranda en 'n beeldskone uitsig oor die stad bied. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Ons bied ook 1 uur se gratis WiFi aan elke gas. Die tarief sluit ontbyt uit, maar ons bied die opsie van 'n Koninentale ontbyt. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante in die omgewing en 'n wegneemete-afleweringsdiens is beskikbaar.

Die kothuis is 'n aparte tuinwoonstel met 'n dubeblbed, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer. Die kothuis het 'n lieflike buite-area met 'n boma waar jy kan braai. Dié eenheid is geskik vir langer verblyftydperke.

Aangesien die eiendom op 'n heuwel gebou is, is daar 'n paar trappe na elk van die kamers toe.

Die Uniegebou wat in 1912 gebou is om die regering re huisves, is 3 km van ons af en is nou die tuiste van die presidensiële kantore. Die gebou is nie oop vir die publiek nie, maar die tuine is pragtig en bied 'n uitstekende uitsig oor die stad. Ons is sowat 6,5 km van die Voortrekker Monument af.

Vryheidspark op Salvokop het onlangs vir die publiek oopgemaak. Dit is omtrent 4 km weg en definitief die besoek werd.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 104 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Newlin M
Besigheidsreis
5.0
Fantastic, lovely and super beautiful. My stay was fantastic! Despite our delay at work, which made us arrive past 10 PM instead of the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Russel G
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Excellent in every respect.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Combrinck L
Saam met vriende
5.0
Perfek vir 'n oornag in sentraal Pretoria en goeie waarde vir geld. Die eenheid is netjies en goed ingerig, en ook lekker ruim. Perfek vir 'n oornag e...
Sien meer
Mrt 2025
Thomas Henry P
5.0
Sal beslis weer boek! Pragtige eenheid, mikrogolf oond en die ketel en yskassie is goeie pluspunte. Gemaklike beddens. Wel net een nag daar oorgebly, ...
Sien meer
Mrt 2025
Corlé D
Gesin met tieners
5.0
Baie gasvry en vriendelik. Skoon plekkie en pragtige uitsig. Sien sterre.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 104

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Middelberg Street, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Unionview Guest house het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 740
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 740
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 740
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Middelberg Street, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6dvGXRuhpEEVhVI6lUwTwh3u9ljGV50TTKFpADqU1sLw9xRr7J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R740 per nag, vir 2 mense 104 5 1 5 Middelberg Street Muckleneuk 0001 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.76289 28.210824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang