UniqueStay Sea Point 101
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 243 High Level Road, Strand Beach 101, Sea Point, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R2 750 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
UniqueStay Sea Point 101 is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Seepunt. Dié woonstel bied asemrowende uitsigte oor die omgewing sowel as die pragtige Leeukop.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed; net die hoofslaapkamer het egter 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede badkamer het ook 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyt-eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-Slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n oulike balkon met buitesitplek wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie voordat die dag in die Moederstad begin word. Die ligging van hierdie eiendom is naby baie winkels en restaurante asook Seepunt Promenade.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Madre Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 34
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 243 High Level Road, Strand Beach 101, Sea Point, 8005, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 243 High Level Road, Strand Beach 101, Sea Point, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang