Urban Bliss Studio
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 29 Dickie Clark Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Urban Bliss Studio, is op die eienaar se perseel in die hartjie van Bloemfontein en bied 'n oase van kontemporêre elegansie en styl. Hierdie ruim ateljee is 'n toevlugsoord vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stad se gewoel. Gaste kan die stad se kultuur, vermaak en inkopies geniet.
Die oopplan-ateljee het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelslaapbank vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuisie het 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n binnebraai.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek is op die perseel beskikbaar. Gaste kan buite op die stoep ontspan, wat gemaklike sitplek en 'n uitsig oor die lowergroen tuin het. Gaste kan ook die swembad op warm dae geniet en kinders het toegang tot 'n speelarea met 'n klimraam.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Katia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 10
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 29 Dickie Clark Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Urban Bliss Studio het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 29 Dickie Clark Street, Dan Pienaar, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang