Successfully reported
+42

Vastrap Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: B3, Grunau, Grunau, Karas
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Vastrap Guest Farm, 'n bekoorlike skaapplaas, is aan die buitewyke van Grunau, 'n klein dorpie in Namibië se Karas-streek, geleë. Die gasteplaas is 'n ideale oornagplek of toevlugsoord vir reisigers na en van Namibië.

Verblyf word gebied in 'n keuse van en suite-kamers of selfsorg-eenhede. Die en suite-slaapkamers is almal in die hoofhuis geleë terwyl die selfsorg-chalets losstaande is. Die gastekamers beskik elkeen oor en suite-badkamers asook lugversorging. Die losstaande chalets het en suite-badkamers, goed toegeruste kombuise om in gaste se selfsorgbehoeftes te voorsien, en braaigeriewe.

Die plaas het 'n swembad waarin gaste kan afkoel, terwyl 'n kroegarea en braaigeriewe ook beskikbaar is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Naomi P
5.0
Oornag oppad terug RSA toe na vakansie in Namibië. Ek kan Vastrap aanbeveel. Kamers/chalets is vol karakter. Heerlik geëet aan die huiskos buffet.
Jul 2025
Janes B
5.0
Vriendelikste mense. Voel soos familie. Sal vir seker terugkom. Kos was uit die boeke uit.
Mrt 2025
Frans C
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly. Vriendelik ontvang. Lekker aandete. Goed geleë. Sien sterre.
Mrt 2025
Jan K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goeie waarde vir geld! Een van die beste oorblyplekke waar ek al was en ek toer baie! Ek sal in die toekoms my reise na Namibië so beplan dat ek ...
Sien meer
Jan 2025
Lutz S
Saam met lewensmaat
5.0
It's worth staying over. Lekker boerekos for dinner. Our host and her staff were superb. Thank you for your kind hospitality.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hettie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • B3, Grunau, Grunau, Karas
  • Gaste dink Vastrap Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 990
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 990
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 51 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: B3, Grunau, Grunau, Karas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb07c13bdee92545226d38bfafe583051581ce52e7a9ae5f2e47eae8d1735e8593a8effdf29109f2f6b690c8c3f19458d4cdd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 45 5 1 5 B3 Grunau Karas 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.734715 18.429979
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang