Successfully reported
+55

Views

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Views is hooggeleë in 'n stil area van Clarens en bied die pragtigste uitsig op die Rooiberge, die Golden Gate-area en die Malutiberge vanuit die kamers en ook vanaf die stoep. Die ingang na die pragtige Clarens Natuurreservaat, 'n bergreservaat met verskeie stap- en bergfietsroetes, is net 100 m vanaf die eenhede.

Views beskik oor 2 aparte eenhede, elk met 'n TV, gratis WiFi, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer.

Eenheid 1 bied slaapplek aan 4 gaste in 'n aparte hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Hier is slaaplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n eetarea. Die eenhede beskik elkeen oor 'n TV met DStv.

Elke eenheid het 'n houtkaggel vir die koue winteraande, en hout word voorsien.

Die eenhede bied elkeen toegang tot 'n balkon met 'n Weber. Onderdakparkeerplek word vir elke eenheid voorsien, sowel as ekstra parkeerplek vir besoekers. Ingeboude braaigeriewe is ook onderdak beskikbaar.

Views is net 1,6 km van die plein in Clarens af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal raakloop. Die Clarens-dam is stapafstand vanaf die huis en ideaal vir swem, visvang en pieknieks in die somer.

Views gebruik sonkrag en daar is geen beurtkrag nie!

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 363 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marlien B
Saam met vriende
5.0
Baie skoon en netjies. Baie gerieflik. Eienaars baie aangenaam. Fantasties. Dit was baie lekker.
Okt 2025
Janke B
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely amazing. Beautiful location with the best view in town. We had a lovely stay and will definitely be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Antionetta B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid met 'n pragtige uitsig. Skoon en netjies, baie aangenaam en verwelkomend. Sal voorstel dat daar wel net blinders in die badkamer aangebring...
Sien meer
Sep 2025
Ziana W
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte rusplek. Baie rustig, skoon, mooi uitsig.
Sep 2025
Lee-ann D
Saam met lewensmaat
5.0
Die stilte, die view, daar is nie woorde nie! Dit is absoluut wonderlik. Dit was ons 1ste keer in Clarens en het ons 22ste huweliksherdenking in Clare...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bastiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 363

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Views het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 070
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Ridge Road, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5loMxrrmYXCN1nIeu193FsG3FxYqiRBgudiqQWlMFceusBfamD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense 363 5 1 5 1 Ridge Road Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.521242929911 28.409974503305
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang