Villa Fantastica
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Kalkoond Crescent, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 600R2 520 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Villa Fantastica bied uiters gerieflike verblyf in 'n selfsorgvilla. Dit is in die kusdorpie Yzerfontein geleë en is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n wegbreek.
Gaste kan die hoofhuis of die suite bespreek. Die moderne verblyf is ontwerp en ingerig om totale gerief en pragtige verblyf te bied.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers en 1 aparte gastetoilet. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en het 'n eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die kombuis het ook 'n binnebraai en 'n pizza-oond. Dit lei na 'n sitarea met rusbanke en 'n knus kaggel. Die kombuis en sitarea lei na 'n balkon met 'n asemrowende uitsig en sitplek. Daar is ook 'n vuurput en 'n privaat Jacuzzi.
Die suite is op die onderste verdieping geleë, het 'n aparte ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Hierdie eenslaapkamer-suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n klein etenstafel met sitplek en 'n wasmasjien. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi word voorsien.
Die hoofhuis en die suite het elk toegang tot privaat parkeerplek. Hiér kan gaste die asemrowende see- en eilanduitsig, wat deur 'n fynbosgroenstrook omring word, bewonder.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Nolene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 11 Kalkoond Crescent, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Villa Fantastica het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 11 Kalkoond Crescent, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang