Successfully reported
+20

Waboom @ Wolfkop Nature Reserve

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerom Street, Wolfkop Nature Reserve, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 100 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Waboom @ Wolfkop Nature Reserve is 1 van 8 kothuise op 'n 450 ha-reservaat, 5 km vanaf Citrusdal teen die voorheuwels van die Cederberge. Die kothuis spog met 'n ongelooflike uitsig oor die Olifantsriviervallei en 'n rits aktiwiteite op die perseel en is die perfekte plek om uit die stadsgedruis te ontsnap.

Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers met lugversorging. Al 4 slaapkamers het koninggrootte-beddens en die hoofslaapkamer se en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die ander 3 en suite-badkamers het storte. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser in die opwaskamer toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV en 'n eetarea met 'n uitsig en 'n ingeboude braai.

Stapeldeure bied toegang tot 'n onderdakstoep met gemaklike sitplek en 'n ingeboude braai. Dié stoep lei dan na 'n houtvuurwarmbad en 'n plonspoel.

Hiér op die plaas kan gaste sterrekyk, dierelewe soos duikers, ystervarke en skilpaaie sien en, afhangende van die tyd van die jaar, is daar veldblomme om te bewonder. 'n Kano is by Wolfkop Camping te huur.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

2.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
1.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
2.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Werner Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 55

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Keerom Street, Wolfkop Nature Reserve, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
  • Gaste dink Waboom @ Wolfkop Nature Reserve het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 100
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 100
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 5 100
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Keerom Street, Wolfkop Nature Reserve, Citrusdal, 7340, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf1d865086fc8b2db2b9c256f30743bacb5706a7948f01ce39b9e5295d53b5a10982614568b4f2479789609521788a7d05ede?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 100 per nag, vir 8 mense 1 5 1 3 Keerom Street Wolfkop Nature Reserve 7340 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.6430967 19.0372572
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang