Walkers Plains Camp
- Kapasiteit: 20 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off Guernsey Road, Schoongezicht Farm, Timbavati Game Reserve, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R25 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Walkers Plains Camp is 'n pragtige lodge met eindelose uitsigte oor die vlaktes van Timbavati Privaat Natuurreservaat wat 'n rustige atmosfeer skep vir gaste om saam te kom en 'n onvergeetlike safari in Mpumalanga te beleef. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n wittebrood aangesien elke suite bederf met 'n privaat dek en plonspoel.
Dié lodge bied gaste 'n keuse van 6 luukse suites wat elk 2 gaste kan akkommodeer of 2 luukse gesinssuites wat 'n kapasiteit van 4 gaste het. Die suites met slaapplek vir 2 het elk 'n koninggrootte-bed en die gesinssuites beskik oor 2 slaapkamers wat onderskeidelik met 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens ingerig is. Elke slaapkamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en toilet. Badhanddoeke en seep word voorsien.
Ander geriewe in die kamer sluit 'n haardroër en 'n tee- en koffieskinkbord in. Elke suite maak oop op 'n privaat onderdakstoep met sitplek buite, sonstoele en 'n plonspoel wat 'n ideale plek is vir gaste om ten volle te ontspan. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar in die hooflodge.
Walkers Plains Camp bied aan gaste 'n geleentheid vir wildkyk, wildritte, voëlkyk, entomologie en gholf. Gaste kan ook die Hoedspruit Endangered Species Centre besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Off Guernsey Road, Schoongezicht Farm, Timbavati Game Reserve, 1380, Mpumalanga
- Kapasiteit: 20 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off Guernsey Road, Schoongezicht Farm, Timbavati Game Reserve, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang