Whimseagull
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 Jan Baard Crescent, Jacobs Bay, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Whimseagull is 'n selfsorghuis in die Weskusdorpie Jacobsbaai. Dié dorpie is veral bekend vir sy seekos en lenteseisoen waartydens die landskap jaarliks in 'n blommeskouspel omtower word.
Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, ruim kaste en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer het dubbeldeure wat lei na 'n stoep met 'n privaat ingang. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en oorgenoeg kasruimte. Dit het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis skakel met die opwaskamer en is volledig toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien. Die huis het 'n oopplan sitarea en -eetarea. Die eetarea is ideaal tussen die kombuis, kaggel en sitkamer sodat gaste lekker kan kuier.
Die solder dien as 'n tweede leefarea en beskik oor 2 groot rusbanke, 'n slim-TV met Netflix en DStv. Die boonste verdieping het dubbeldeure wat lei na 'n stoep met braaigeriewe. Hierdie stoep bied uitsigte oor Jacobsbaai en die see. Daar is 'n aparte buitetrap wat na die stoep en solder lei.
Die huis het 'n sekuriteitstelsel en WiFi.
Die Weskus is 'n pragtige streek in die Wes-Kaap met die Atlantiese Oseaan wes en die Swartland oos.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 32 Jan Baard Crescent, Jacobs Bay, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Whimseagull het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 32 Jan Baard Crescent, Jacobs Bay, 7381, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang