Successfully reported
+22

Windmill Guest House Bloemfontein

Gastehuis
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 Nooientjielief, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R580 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Windmill Guetshouse is 'n moderne en verwelkomende gastehuis en ideaal vir sakereisigers, mense op soek na oornagverblyf op die langpad, of diegene wat so 'n paar dae in die Rosestad wil kom kuier. Die gastehuis is naby die N1 en Windmill Casino en bied moderne, bekostigbare oornagverblyf en gratis WiFi aan gaste.

Verblyf is beskikbaar in standaard-dubbelkamers met stortgeriewe. Die kamers is gerieflik en uniek ingerig. Elke kamer het 'n haardroër, 'n platskerm LED-TV en 'n spieël- of werktafel. Elke kamer het sy eie toilet, stort en wasbak. Daar is 'n yskas, mikrogolfoond, ketel en basiese eetgerei buite elke kamer beskikbaar. Gratis en veilige parkeerplek met afstandbeheer-toegang word voorsien. Dié kamer is nie selfsorg nie.

Die gastehuis is in Pellissier, Bloemfontein en bied maklike toegang tot die N1-hoofweg. Dis ook naby aan talle winkelsentrums, hospitale, skougronde en meer. Curie-laan is ook naby aan die gastehuis en sal jou tot in die hartjie van die stad neem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 132 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jolene T
5.0
Baie mooi, rustige plekkie. Sal beslis weer daar gaan oorslaap. Baie lekker gebly, pragtige plekkie en die eienaar is baie vriendelik en gasvry.
Sep 2025
Louise S
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Ons het heerlik gebly, die gastehuis was uiters netjies, die gasvrou was baie vriendelik en professioneel. Die gastehuis is ideaal geleë n...
Sien meer
Sep 2025
Albert V
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect for any trip, clean and friendly owner. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Bongani T
5.0
I had a great time. Relaxed environment. It was a great and very neat place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Lorraine C
Saam met lewensmaat
5.0
Kan aanbeveel baie billike prys. Baie lekker, alles netjies en skoon.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sunette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 135

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 9 Nooientjielief, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Windmill Guest House Bloemfontein het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 580
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 580
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 580
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 Nooientjielief, Pellissier, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmM2E5NGIyLWMyNzMtNDYzYy1iMDcwLWJkZmNmMDE3MjlhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R580 per nag, vir 2 mense 132 5 1 5 9 Nooientjielief Pellissier 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.161359722222 26.17641

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang