Successfully reported
+30

Witrivier Farmstay

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R332, Onverwags Farm, Baviaanskloof Nature Reserve, Eastern Gate, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Witrivier Farmstay is 'n selfsorgkothuis op 'n privaat werkende sitrus- en bokplaas in Cambria, 45 km vanaf Patensie, op pad na die Baviaanskloof Wildernis-area en Willowmore. Die area spog met pragtige natuurlike woude, fynbos en bosveldvallei wat uitstekende eko-ontspanningsgeleenthede aan gaste bied.

Die tweeslaapkamerkothuis is in die Loerie-Kloof aan die voet van die berg en sitrusboorde geleë en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed. Die gedeelde badkamer het stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, oondjie, tweeplaatstoof en mikrogolfoond toegerus. Daar is ook verskeie drinkgoed, sap, water, jogurt, kaas, bevrore geregte en seisoenale groente op 'n eerlikheidsbasis beskikbaar. Gaste is welkom om hulself te help en neer te skryf watter produkte hulle gebruik het.

Hier kan gaste voetslaan, wildkyk of net hulself verdiep in die rustigheid van die natuurlike omgewing. Vir die wat van die plaas en plaaslike besiendwaardighede wil webreek, is Witrivier selfsorg gerieflik naby verkseie buitelug-aktiwiteite en besienswaardigehde.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Deidre L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons kan Witrivier Farmstay beslis aanbeveel. Woonstel is pragtig ingerig en goed toegerus. Spierwit beddegoed en handdoeke, goeie kwaliteit kussings e...
Sien meer
Jun 2025
Louis P
Saam met lewensmaat
5.0
Juweel in die natuur met sy eie rustigheid. Baie lekker stil omgewing. Waarde vir geld. Sal definitief weer gaan.
Feb 2025
Nicola P
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Die huis is pragtig, baie netjies en skoon. Die lugversorger was 'n wonderlike lafenis gewees. Dit is die perfekte plek om die Baviaans te...
Sien meer
Jan 2025
Anton P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker en gemaklik vir 'n oorbly! Plek is baie netjies en skoon. Presies wat ons nodig gehad het na 'n dag se ver ry - lugversorgers was 'n bonus en b...
Sien meer
Des 2024
Alta E
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige huis. Groot ys en vrieskas. Goeie linne. Aircons. Stil omgewing. Heerlik gebly en ontspan.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Fransa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • R332, Onverwags Farm, Baviaanskloof Nature Reserve, Eastern Gate, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
  • Gaste dink Witrivier Farmstay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 500
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 2 500
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R332, Onverwags Farm, Baviaanskloof Nature Reserve, Eastern Gate, Baviaanskloof, 6335, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfa6ae34554011fbf5bee827f2b65dd8bd11381e463636727969b53439c6b2b23dbcd3deeff122623019f6c040c4e05e26f2e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 5 mense 16 5 1 5 R332 Onverwags Farm, Baviaanskloof Nature Reserve, Eastern Gate 6335 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-19:00 10:00 -33.660296565285 24.554626847221
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang