Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
"Du Toitskloof kelders is fantasties die mense gaan uit hulle pad uit vir jou."
"Pragtige dorpie geleë in die vallei omring deur berge. Vriendelike inwoners, goeie kos en dan natuurlik, die heerlike plaaslike wyn!"
"Worcester is great for tourism. We went to "Kleinplasie" and totally enjoyed the museum. We were amazed to see all the industrial activity which had taken place on that farm so many years ago. We were totally blown away. Very informative and we would like to go back to gain more information on the history of Worcester. The restaurant was uitstekend!"
"Mooi omgewing, dorp nie baie netjies nie. Bekostigbare, goeie eetplekke in dorp skaars."
"Heerlike dorpie om in rond te loop, sou net 'n bietjie meer kunsgalerye wou sien."
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Die Strand het die mooiste uitsig ooit en veral die sonondergang in die somer. Oorseese toeriste is beslis baie welkom. Kaapstad is maar te alle tye die beste ter wêreld. "
"Sentraal geleë en die rustigheid sal jou altyd laat stop al is dit net vir 'n koppie koffie."
"Stellenbosch is 'n baie besondere en karaktervolle dorp vol geskiedenis."
"Oulike woonbuurt weg van die besige Stellenbosch middedorp. Het self vroeër jare daar gebly."