Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3550 resensies.
"Ek is gaande oor Ceres vandat ek die eerste keer in 2010 daar was. Sedertdien was ek twee maal in die Kaap en het albei kere het ek 'n punt gemaak daarvan om in Ceres te stop. Daar is 'n oulike geskenke winkel naby die Pick 'n Pay. Ons het nogal geniet om daar deur te loop. Verder is dit net lekker om so mooi dorpie teen die berge in te neem. Vir iemand soos ek wat van vlieghengel hou, is Ceres fantasties omdat byde die Koekedoudam en Lakenvleidam in die omgewing is. Daar is ook 'n paar stroompies om forel in te vang. "
"Baie skoon, sien nie papiere of enigiets wat rondlê in Kusweg en op sypaadjies nie. So anders as vele ander dorpe en stede."
"Paarl was nog altyd 'n baie gerieflike plek om te bly, naby ander interessante gebiede om te besoek."
"Goed geleë vir besoek aan verskeie wynplase en kelders in die omliggende omgewing."
"Franschhoek is an exquisitely beautiful place. The restaurants are some of the best in the world. The wine estates are wonderful."
"Prentjie mooi, soos uit 'n storieboek. Ons sal verseker weer gaan, en langer. Ek voel of ons 'n juweel ontdek het, want ons ken net die Kaap self. Die Waterfront, wynplase, al die gewone goed. En daar vind ons Riebeek-Kasteel soos vanuit 'n droom! "
"Paarl is 'n pragtige toeriste bestemming, naby aan baie mooi plekke om te sien soos Spice Rooute en CBC Brewery."
"Rawsonville is stil en rustig maar daar is ook heelwat om te sien en doen. Dit is ook gerieflik naby aan 'n groot winkelsentrum en naby genoeg aan Kaapstad. Oulike plek. Sal weer daar gaan besoek aflê."
"Ons het nie regtig gegaan om toeristebestemmings te besoek nie, maar wel om net 'n rustige naweek weg van die gewoel te geniet. Ek weet egter dat Wellington ryk is aan geskiedenis en sou graag meer daarvan wou weet en plekke van belang besoek as ek meer tyd vir rondry gehad het. "
"A really chilled out destination. Our kids were never bored, as we could alternate between nature walks, all the wine farms are child friendly too with options of chocolate tasting etc. An easy place to visit. Even in the middle of winter!"
"Ek self is gebore en getoë in Worcester. Ken die dorp en sy mense. Baie lekker om daar te kuier en besienswaardighede te besoek. "
"Rawsonville en omgewing is pragtig en daar is die mooiste natuur rondom jou en baie plekke wat jy kan besoek, dus is Rawsonville baie lekker om te besoek."