Verified Reviews
Calvinia
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calvinia
Rated 4.2 out of 5 based on 498 reviews.
"Tipes Hantamwêreld, maar die skaapvleis is uitermatig duur, kan dit nie verstaan nie."
"Ons het 'n baie interessante besoek afgelê by die museum. Lekker tyd spandeer by die Akkerendam natuurreservaat, asook die eerste veldblomme geniet. Heerlike bord kos geniet by die Calvinia Hotel se restaurant. Ook besoek afgelê by ander attraksies soos die groot rooi posbus. Die dorp het bekende supermarkte wat in al ons behoeftes voorsien het. Dis ons eerste besoek aan die dorp, maar die mense het gegroet en gewaai asof ons deel van die inwoners is. Ons is gewoond aan taxi's wat die verkeer oorneem. Dit was lekker om van dit weg te kom en die rustigheid van Calvinia te geniet."
"Netjiese skoon dorp met interessante geskiedenis en pragtige behoue argitektuur, en dit alles teen 'n agtergrond van die mooiste Hantamberge."
"Ons het so 'n bietjie rongery en die groot blomposbus afgeneem. Was ook by die Hantamhuis, maar daar was nie tyd om ander besienswaardighede te besoek nie."
"Interessante geskiedenis en geboue, en die Hantamhuis en die massiewe posbus is die moeite werd om te sien. Die museum met die ou lokomotief was ook baie interessant om te besoek. "
"Dis 'n lieflike dorp, maar dalk moet hulle die vleisfees skuif na 'n lang(er) naweek sodat mens dit kan bywooon (op die oomblik is dit net 'n gewone naweek). Oulike dorp met lieflike mense."
"Mooi Karoo-dorp. Het Chris Schoeman se "The historical Karoo" publikasie nuttig gevind om historiese geboue & besienswaardighede in dorp te vind."
"We only had a short stay there, but we had the opportunity to dine at the famous Blou Naartjie Restaurant. "
"Dit is n pragtige en baie netjiese dorpie. Dit het diep in my hart gekruip en die mense in die dorp self was net so vriendelik en behulpsaam."
"Rustige dorp - net die plek om te kom asemskep of jou verwonder aan die pragtige sterre saans."
"Daar was geen eetplekke geadverteer veral as Calvinia vir dié rooivleis skaapvleis sentraal bekend is."