Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1935 reviews.
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Die koffie by die winkeltjie naby die vloedmuseum was nogals 'n wenner."
"Bespreek alles vooraf - veral met Covid. Ons het stargazing met Jurg gedoen. Die planetarium in die dorp besoek as ook SALT - alles hoe kwaliteit aktiwiteite. Heerlik geëet (Veral lamsdisse) by The Blue Moon en ook The White House Inn - kan dit aanbeveel!"
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"Merweville is 'n hartsplek vir my. Elkeen wat lief is vir die Karoo moet op Merweville gaan oorbly. Woon 'n kerkdiens by in die pragtige kerkgebou. Ry na die uitkykpunt vanwaar mens oor die hele dorp kan sien. Elkeen wat die Boekklub geniet het, moet beslis by Die Boekklub restaurant gaan eet - die kos was uit die boeke."
"Prins Albert is 'n pragtige Karoo dorpie en definitief 'n besoek werd. Het ook heerlik geëet by die hotel."
"Prince Albert is is pragtige dorpie. Sal eendag weer daar wil oorbly vir 'n paar dae."
"Die dorp is ongelooflik skoon en word mooi instandgehou. Veilige omgewing en die gemeenskap is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Welgedaan Prins Albert!"
"Town is well maintained, streets all clean. Pity that restaurant part of hotel was closed due to Covid. They used to serve the best hamburgers in the country!"
"Lig asseblief gaste in oor die "watershedding"-skedule. Dit het ons onverwags betrap."
"COVID-maatreëls word nie oral nagekom nie. Min het maskers aan. Dit is 'n toeristebestemming en die maatreëls moet juis meer nagekom word. Verder spuit die gastehuise Doom binnenshuis om die muskiete dood te maak. Omgewings- en mense-vriendelike opsies sal meer wenslik wees."
"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."
"Mense is vriendelik, die omgewing is stil maar ook sy eie mooi. Beste etes in Merweville by Angela's winkeltjie oorkant Miems."
"Hierdie was nou my 5de besoek aan Sutherland en ek hoop om binnekort weer te kom kuier. Die hoeveelheid sterre was mens hier kan sien is absoluut ongelooflik."