Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4955 resensies.
"Ek is self 'n Kapenaar en ken die area goed. Sal more teruggaan Kaap toe as dit vir my bestem is. Daar is soveel te doen in 'n radius van 50 km dat 'n mens nie als in 'n naweek kan doen nie."
"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "
"Mooiste strand, sonsondergange en Ilhas Pub se cajun calamari is voorwaar die beste ooit en absoluut waarde vir geld. Baie veilig en op die publieke busroetes met billike pryse."
"Milnerton is baie stiller as Kaapstad en 'n rustige plek om in vakansie te hou. Tog is dit naby aan Kaapstad en groot inkopiesentrums."
"Love die dorp, die see koud maar lekker geswem. Die restaurante se kos is ongelooflik lekker en bekostigbaar."
"Ons het geen negatiewe kommentaar, die area is rustig, pragtig en beslis vakansieganger toegerus."
"Dit was so mooi om mense met hulle honde op die strand te sien loop. Dit is puik."
"Kommetjie is baie sentraal en naby aan wonderlike besienswaardighede in hele omgewing. Die uitsig is pragtig en die omgewing bied maklike toegang tot winkelsentrums, restaurante en motorhawens. "
"Parking that one has to pay for is daylight robbery. Parking should be free."
"Milnerton was nogal 'n goeie en gerieflike bestemming vir ons. Sentraal en naby Bloubergstrand, Canal Walk en ander winkels, die hoofweg en die waterfront. Verkeer in die week gedurende spitstyd moet vermy word. Die strand is natuurlik uitstekend vir stap, swem en om Tafelberg te sien. "