Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 684 reviews.
"Ek gee Citrusdal as 'n toeristebestemming 4 sterre, slegs omdat daar baie is om te doen in die omringende area en omdat dit relatief naby Kaapstad geleë is. Citrusdal se dorp self is natuurlik baie klein en nie uitsonderlik aangenaam om baie tyd in te bestee nie, aangesien daar nie veel besienswaardighede is nie."
"Baie mooi landskap met besonderse berge en natuurskoon. Absoluut 'n pragtige plekkie om te besoek."
"Dis wonderlike plek, maar mens kan sien waar jy regtig inpas na jou booking."
"Not much happening in the town itself. Visit Hebron. It's only open on selected days, but the food is divine. For dinner, bookings are essential."
"The SPAR supermarket is great. Has everything for a self-catering stay."
"Veilig met pragtig geteerde hoofpaaie. Die mense is vriendelik en hulle beskik oor 'n Superspar wat goed toegerus is met alles wat 'n mens dalk sou nodig kry vir 'n naweek weg. Pragtige omgewing waarvan tyd vergeet het."
"Bedrywige dorp, mooi geleë en het die nodige besighede. Pragtige padstal Kardoesie buite die dorp bokant die Piekenierskloofpas."
"Die Spar voorsien jou van als en die mense is vriendelike en diens flink."
"Stil rustige plaasdorp, nie soveel van 'n toeriste aantrekkingskrag nie.Die groot Spar met alle lewensnoodsaaklikhede is beskikbaar. Nie vir lang termynverblyf op die dorp self nie."
"My husband managed to get all the food & pharmacy things he needed in Clanwilliam."
"Dit is 'n regte plaasdorpie. Dit het iets van alles en die mense is baie vriendelik en hulpvaardig!"
"Clanwilliam is baie sentraal geleë wanneer die doel van jou vakansie blomme-kyk of Cederberge of Muisbosskerm of Weskus is. Dis 'n bedrywige dorp met alles wat jy nodig mag kry. Net-Marie se Rooiboshuis is 'n definitiewe besoek werd asook die Floris Restaurant waar ons lekker geëet het. Clanwilliam het ook een van die mooiste Sparwinkels waarin ons al was. "
"Hou van die rustige dorp-atmosfeer. Goeie basis om ander dorpe en plekke van belang in omgewing te besoek."