Geverifieerde Resensie
Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1189 resensies.
"Die omliggende melkplase en mooi uitsigte oor die Drakensberge gee Underberg 'n rustige atmosfeer. Die dorpie het 'n mooi groot SPAR-winkelsentrum met alles wat jy nodig het. Die paaie het wel 'n paar slaggate, maar die natuurskoon maak op daarvoor. Underberg is net 'n klipgooi weg van Himeville, met 'n museum en ander besienswaardighede."
"Die dorp se owerhede besef nie wat se juweel van 'n toeristebestemming Underberg is nie. Hulle moet daadwerklik 'n poging aanwend om die dorp op te knap."
"Fouriesburg is verskriklik mooi. Die slaghuis het die lekkerste biltong gehad. Die mense is vriendelik en almal is net rustig. "
Champagne Vallei, Drakensberge
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"Uitstekende omgewing met baie te sien en te doen."
"Fouriesburg is 'n pragtige ou dorpie met een of twee oulike eetplekkies. Goeie oornagbestemming of vir 'n stil rustige naweek saam vriende en familie."
"Dit is ons tweede keer hierdie jaar wat ons by Fouriesburg was en ons sal beslis weer en weer gaan. Dit is beeldskoon!"
"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
"Sani Pass is the attraction. Himeville, unfortunately, in my humble opinion, is slowly losing it's tourist attraction."
"Baie mooi omgewing, veral as jy die minder bekende roetes neem en van die snelweg af bly. Daar is heelwat besienswaardighede in die omgewing, binne 'n redelike afstand van Midlands Meander af. Winterton self is klein en plattelands, en as mens daarvan hou is dit ideaal. "
Champagne Vallei, Drakensberge
Pumula Central Drakensberg"Lovely places to visit, things to see, Drakensburg Boys Choir was an experience on it's own, the whole setting was lovely and it's so beautiful. All the people are very helpful and friendly, it brings you really down to earth. Didn't want to come back, even thinking of buying a little place of our own there."
"Underberg die dorp bied nie veel nie, maar die rit op met die Sani pas was asemrowend en beslis die moeite werd."
"Our first visit to Underberg and that part of the country. Next time our stay will be longer to see more of the area."
"Fouriesburg is geleë in die mooiste deel van die Vrystaat. Maak jou motor se petroltenk vol in Betlehem, nie altyd brandstof oor 'n naweek! Neem die nodigste kruideniersware ook saam, wel slaghuise en drankwinkels!"
"'n Opregte Vrystaatse dorpie, in 'n uitsonderlike omgewing."
Golden Gate Streek, Drakensberge
Old Mill Drift Guest Farm"Tar road is excellent and the scenery is lovely."
"Fouriesburg area is baie mooi en ook 'n goeie oornagplek as u wil Katsedam besoek. Ek sal dit vir enige iemand aan beveel wat vir 'n naweek wil wegbreek uit die stad. "