Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1189 reviews.
"Verblyf rondom Underberg is perfek as mens die Sani Pas wil doen. Sani Pass Tours was baie bekwaam en is in die dorp geleë. "
"Die roofvoëlvertoning was 'n hoogtepunt. Ongelukkig kon ons nie veel gaan stap nie (my vrou het haar rug beseer kort voor ons vertrek), maar dit het nie veel afbreuk gedoen aan die genot en ontspanning van die vakansie nie. Dit beteken maar net ons moet weer soontoe gaan!"
"Net die aanwysing na die gastehuis was ietwat verwarrend.Die afrit Modelkloof was duidelik."
"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
"Altyd fantasties! Baie jammer dat paaie nie in stand gehou word nie sodat plekke soos Injasuthi onbereikbaar is met 'n gewone voertuig. Die Drakensberge is wêrelderfenisterrein maar word nie as sulks bestuur nie. "
"Underberg is underrated, but it is an excellent area for a holiday maker who wants some 'me' time, peace and tranquility. You will lose yourself in the beauty of the area. I have not experienced even one rude person."
"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
"Estcourt self bied nie veel behalwe `n geleentheid om die Wagensdriftdam van nader te beskou en indien jy nie bang is vir slegte paaie nie ook `n geleentheid om Gaints Castle te besoek."
"Die omgewing waar die Montusi Self-Catering Cottages is, is pragtig. "
"Fouriesburg is klein maar in die omliggende gebied is daar baie om te doen en sien. Selfs indien 'n mens na die "Lesotho Highlands Water Scheme" toe gaan. "
"It was our first time in the Valley - we enjoyed our visit - our time in the Valley was just too short - will do better planning next year and visit for a longer time. So much to do so little time to do it in. "
Northern Drakensberg, Drakensberg
Witsieshoek Mountain Lodge"A little-known resort, ideal for both serious and occasional hikers. Many photo opportunities"
"Ongelooflik pragtig, wees net baie bewus van grondpaaie en padwerke. Nie onmoontlik met 'n gewone motor nie, maar beter vir 4x4s!"
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "