Geverifieerde Resensie
Drakensberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1189 resensies.
"Underberg is regtig `n spesiale juweel in ons land en hoop almal kry die geleentheid om die pragtige uitsigte te kan aanskou soon ons dit elke keer sien. Sal beslis weer so maak."
"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
"Goed vir die wat van Anglo-Boereoorlog geskiedenis hou en naby Clarens en Golden Gate en Lesotho grens. "
"Underberg is nou een van ons gunsteling stopplekke. The Lemon Tree het ons bederf met middag/ aandete - heerlik. Die Spar was gerieflik net om die draai. Die mense vriendelik, die area ongelooflik mooi en sentraal met baie plaaslike 'plekkies' om te ontdek en baie om te doen. "
"Ideale plek om as basis te gebruik vir dagtrips na Clarens en Afri-Ski (sowat 90 km) in Lesotho. Ou dorp sonder groot supermarkte, maar een of twee goeie restaurante. Die naaste punt aan Caledonspoort-grenspos na Lesotho."
Golden Gate Streek, Drakensberge
Old Mill Drift Guest Farm"All good. Information booklets were available in Clarens on the attractions."
"Kan geen kommentaar lewer oor Bergville as dorp aangesien ons eindbestemming ver buite die dorp was. Het glad nie in die dorp ingery of vertoef om te kan kommentaar lewer nie. Die omgewing skep atmosfeer van ontspan en geniet. Weet net nie hoe lank hul nog aan die pad daar tussen Bergville en Harrismith gaan werk nie, want daar was al 2 jaar gelede ook padwerke!"
"Jou huis ver van die huis af, baie lekker plekkie met wonderlike mense."
"Fouriesburg was 'n aangename verrassing, 'n netjiese skoon dorpie met die mooiste huise."
"Bied min vir die gewone reisiger. Dit is egter by uitstek 'n bestemming vir bergfietsryers en stappers."
"Die omgewing is ongelooflik mooi. Dit is 'n skoon wêreld en die mense is vriendelik. As jy van rustigheid en van mooi natuur hou, is dit die aangewese plek."
"Dis 'n oulike klein dorpie, met lekker kuierplekkies, naby aan al die mooi plekke en Clarens. Ons sal weer teruggaan. "
Champagne Vallei, Drakensberge
Hill Billy's Self-Catering Accommodation - Unit 1"'n Fantastiese bestemming. Moenie jou bergfiets vergeet nie!"
"Die dorpspaaie is tipies klein dorpie met 'n grondstraat hier en daar. Die mense is baie vriendelik."
"Bijzonder veel te zien vlakbij Lesotho en Drakensbergen."
"Love die Pig and Plough eet- en koffiewinkel op Winterton. Kos was heerlik vars, ek dink mens kan definitief meer plaaslike eetplekkies ondersteun, in plaas van groot francises, dit sal hul deure oophou en werksgeleenhede skep. "
Champagne Vallei, Drakensberge
Berghaven Cottages"Baie om te doen. Fotografie-paradys. Staproetes amper verniet."