Verified Reviews
Eastern Free State Highlands
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands
Rated 4.6 out of 5 based on 3570 reviews.
Clarens, Eastern Free State Highlands
Zwartmodder"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Die Kruik"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Knock Out View"Clarens is 'n goeie sentrale punt om baie van die Oos-Vrystaat te sien. Dit is regtig 'n baie mooi omgewing en natuurskoon. Die mense is vriendelik alhoewel ek dink dat Clarens baie meer potesiaal het as wat die sakegemeenskap daarvan maak. Ons geniet dit om Clarens te besoek."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Naby Lesotho. Mooi om te kombineer. "
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Oranje Guest Farm"Pragtige omgewing. Sal graag meer wil verken. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Ons het Clarens in Desember 2016 besoek en die omgewing was lieflik groen en beeldskoon. Dis 'n absolute moet vir natuurliefhebbers. Die dorpie bied ongelukkig nie 'n groot verskeidenheid winkels wat kruideniersware verkoop nie, so bring maar saam wat jy nodig het (veral oor die piek Desember tydperk). 'n Besoek aan die Golden Gate Nasionale Park is natuurlik ook 'n moet as 'n mens 'n paar dae in Clarens is. "
Clarens, Eastern Free State Highlands
Accommodation @ The Spa"Clarens is 'n pragtige plekkie, was heerlik om al die winkeltjies en eetplekke te besoek en net die skoonheid te bewonder. Die diens in meeste van die restaurante is iets wat kan verbeter, maar andersins was dit baie aangenaam. Sal vir seker weer gaan vir 'n wegbreek tydjie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Clarens Retreat"Clarens is vir ons 'n pragtige skilderagtig dorpie en dit vreeslik geniet en ons beplan om die toekoms weer 'n draai te gaan maak. Het die winkels en restaurante baie geniet en hope foto's geneem. Dit is baie skoon en vriendelike dorp."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Clarens was nie hoofrede vir besoek nie, ons is natuurmense en kon nie plek kry by Golden Gate nie so het bedags soontoe gery."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Upper House"Iets vir almal en alle ouderdomme - van 6 tot 60! Van kuns en kultuur tot stap en 'white water rafting' wat ek op die flukse ouderdom van 50+ vir die eerste keer aangedurf het (gevolg na 'n dag in die spa uit die aard van die saak)."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Fairview Cottages"Clarens is asemrowend - vriendelike mense en so baie om te sien en ervaar."
Fouriesburg, Eastern Free State Highlands
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"'n Mens benodig 'n 4x4 om meeste van die besienswaardighede te besoek. Miskien sal ons volgende keer so 'n roete beplan. Ek het heerlik appelkose en perskes gepluk en so van die boom af geëet. Dit was so 'n genotvolle ervaring."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Titanic View - Place of Peace"Clarens bied soveel meer as wat 'n mens kan dink."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooiland"It was a shock to find out that the shops close at 16:00 in December, but it shows you "tomorrow is another day" and money is not everything. People and family are more important!"
Clarens, Eastern Free State Highlands
Thaba Lapeng Mountain Escape"Clarens is 'n charismatiese dorpie wat vakansieaktiwiteiete bied vir elke denkbare voorkeur."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Fairview Cottages"Clarens is lekker, maar dit het oral dieselfde winkels - niks uitsonderlik nie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Arundel Studios"Ons geniet Clarens terdeë, en sal definitief terug wees."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Die Kruik"Sal enigetyd weer Clarens besoek, dis 'n wonderlike kunsdorpie."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Titanic View - Place of Peace"Clarens is 'n ideale bestemming met baie om te doen - van die vele winkeltjies en restaurante om die plein en staproetes tot die aksiebelaaide aktiwiteite soos "white water rafting", visvang en bergfietsry. Dis die perfekte keuse vir 'n eerste oorslaapplek vir jou toer na die Drakensberg of Lesotho."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Rooikat Cottage"Die restaurante maak te vroeg toe in die aande. Definitief die plek om te wees as jy net wil rus in die natuur."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Cottage Pie"Clarens is pragtig en rustig. Daar is lekker eetplekkies en oulike winkeltjies. Golden Gate is om die draai vir 'n pragtige Sondagmiddag-rit."
Clarens, Eastern Free State Highlands
Red Mountain House"Clarens is 'n moet. Sal dit beslis weer besoek."