Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fynbos Cottage"Dis rustig en stil sonder rondlopers en boosdoeners wat wil kwaaddoen en ons het die vars, skoon seelug waardeer. Die plaaslike inwoners se sakelui is behulpsaam en vriendelik. Wil jy heerlike braaitjops oor die kole braai? Besoek gerus die plaaslike slaghuis op Bettysbaai. Hulle bied tamaaigroot karooskaaptjops met lekker vet uit Victoria-Wes asook tuisgemaakte boerewors aan. Dit was my bejaarde ma se verjaardag en toe die winkeleienaar dit gehoor het, het hy ons sommer 'n hele pakkie tuisgemaakte boerewors gratis gegee as my ma se verjaardaggeskenk! Nou waar kry jy sulke diens in die stad? Soek jy eenvoud en gerief gekombineer, rus en vrede en vars seelug vir 'n naweek, is Bettysbaai die plek vir jou."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Lily's Rest"A wonderful country village with an abundance of beautiful wine farms and wines to suit every palate. The golf course is in immaculate condition."
"We bought hake and chips from the local fish shop, and it was disgusting. Really disappointing."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Velddrif Riverside Guesthouse"Gawe plekkie, lekker sentraal vir kort uitstappies."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Lovers Corner"Langebaan se hoofstrandarea is baie lekker met oulike eetplekke."
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Dirk Cottage"Dit is nog lekker ongerep. Die mense is vriendelik en dis naby 'n paar gewilde dorpies en plekkies om te ontdek. Gebruik dit as jou basis en verken die hele area. Lekker lang, skoon strande vir 'n heerlike stap wat oud en jonk sal pas."
Hopefield, Ontsnap Uit Kaapstad
Three Oaks accommodation"We visited the surrounding little businesses within the area and it's well located where you have the tranquillity of nature but can also take a 20 min drive to Saldanha where it's more city-like."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Ocean Edge Apartment"Lieflike uitsigte. Vriendelike mense. Lekker kuierplekkies."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fijnbosch Self-Catering Units"Fantasties. Ons het baie rondgery en Jacobsbaai is baie sentraal geleë. En het alles wat mens nodig het. Ook lekker eetplekke en selfs musiekaande."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
47onWaterkant"Baie lekker. Sout van die aarde mense. Het baie vis geëet tewyl ek daar was."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Pier Pleasure"Dit is rustig en stil. Ek sal definitief weer gaan."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Maragslapie"Up and coming dorpie naas Yzerfontein. Ek dink die geen strand sal sorg dat Jacobsbaai iets stil en afgesonder sal bly. Ek het die stilte baie geniet."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Betty Boop Kothuis"Klein, stil dorpie waar jy weer jou siel kan vind."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Mykonos House"Was lekker rustig, kinders kon hulle geniet vir die dag by Club Mykonos by die Fun Fair."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Karoo Moon Motel"Besoekers moet tyd neem om die dorp, winkels en omgewing te verken. Baie lekker eetplekke ens."