Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster's De Oude Muragie"Paternoster is the best coastal town in the West coast."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
16 on Main"This is one of the most beautiful places in the Western Cape."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Goed geleë vir ontspan, stil rustige area met soveel om te doen as jy 'n liefhebber van natuur is."
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
Curious Giraffe"Oulike woonbuurt weg van die besige Stellenbosch middedorp. Het self vroeër jare daar gebly."
"Rustig met sy eie aangename karakter, as bergfietsryers sal dit lekker wees om inligting oor moontlike roetes in die omgewing te kan kry in brosure of op internet."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
15 Kingfisher"Klein plekkie met minimale winkels wat vars produkte verskaf. OK Grocer is nie op 'n redelike standaard nie en vars produkte is af."
"Die omliggende natuur is baie mooi. Die swembad was oorvol en baie raserig. Die padstal was nie baie opwindend nie. Baie goedere wat in alle padstalle ook te vinde is"
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Orchard Cottage"Dit is 'n wonderlike rustige plek wat definitief 'n anderse rustigheid het."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Moreson Manor"Mooi dorp met outentieke styl. Lieflik. Kan heel moontlik romanse laat blom. "
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
At Patat Cottage"Die mense van Struisbaai is baie vriendelik en gasvry. "
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Skaapkraal"A beautiful town with lots of lovely restaurants, hotels, museums and B&B's. Also close to beautiful nature reserves and national parks and mountains. Drive to the surrounding areas for lots more to see and do."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"Yzerfontein is baie stil, perfek vir mense wat juis wou wegkom van die alledaagse gewoel van die stad. Daar is wel 'n paar holtetjies waar mens bietjie kan uitkom en meer van die locals kan ontmoet. Een so 'n plek was Die Rooi Granaat, 'n klein maar fancy restaurantjie in die hartjie van Yzerfontein. Die mense was so vriendelik en verwelkomend, en die kos hemels! Geen kuiertjie in Yzerfontein sal die moeite werd wees sonder om daar ook 'n draai te maak nie. Dit was vir ons die cherry op die koek van ons vakansie in Yzer. "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"As 4x4 toeroperateur sal ek steeds die Weskus as bestemming bemark, maar nie noodwendig Abelone nie..."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Esperance Farmstay @ Manor" Ons het Oesfees by bygewoon en dit terdeë geniet."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"Very nice little town, even though it is not to far from Cape Town you feel like you are far away from the city life."
"Juis omdat Witsand so klein en rustig is, is dit die ideale plek om te gaan besoek buiteseisoen. En ons het gehoor dat dit behoorlik "kook" binne seisoen. Vriendelike "omgee" mense. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Clanwilliam is 'n baie klein dorpie waar daar nie veel aangaan nie. Indien iemand na Clanwilliam toe gaan moet mens maar biedjie rondry en die ander nabye dorpies besoek."
Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Crystal Lagoon Lodge"Calypso Beach baie netjiese en mooi plek."
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Milkwood Cottage"Quiet town perfect as a get away from the stress of city living."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Le Manoir de Brendel Guesthouse"Shoe, wat kan 'n mens nou nie sê oor Franschhoek nie?! Ons het soveel moontlik probeer doen, van chocolate tasting en lesson, massages by Camelot Spa Franschhoek, tot horse back riding terwyl ons wingerde besoek het. Glo my, ons was lekker seer na daai perderit, maar was dit alles die moeite werd. Mens spoil jouself so nou en dan, as jy so lekker sjef-kosse en -disse wil eet. "