Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Cederkloof Botanical Retreat"The town is basic but one can get what you need. The surrounding places to stay are great."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Lavender Farm Guest House"Pragtige, skoon dorp. Jammer mens hoor so min Afrikaans vir 'n Suid-Afrikaanse dorp. Sal aanbeveel dat die Wine Tram vroegtydig sy gaste inlig dat Restaurante op die plase gesluit is in die winter. Italiaanse restaurant sal ek beslis nie aanbeveel nie."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Jasmine Cottage"Bied genoeg verskeidenheid en prag en eetplekke om enige besoek die moeite werd te maak."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Aviento"Dit is jammer dat daar net een restaurant is wat in seekosgeregte spesialiseer en The Garden Shack is net oop tot 17:30 (winter-tyd)."
"Great town with lots of history and the waterfall hike is amazing! Well worth the visit and it's free of charge. Was fantastic!"
"Oulike dorpie, ons kon wel nie veel sien met al die reën nie. Die paaie is meestal grondpad en baie verspoel met aanhoudende reën in winter."
"Dit was net kommerwekkend om te sien dat mense in die natuurreservaat sakke perlemoen gaan uithaal en met sakke hout uitstap na-ure. SAPD was gekontak, maar kan geen gesprek voer nie, want telefoon by stasie is 'n probleem. Het seker 5 keer probeer. Ek het ook die lighuis besoek en dit is teleurstellend om te sien dat onderhoud nagelaat word. Lekke deur dak as dit reën en buitehoutwerk het vir jare geen behandeling gekry nie. Die stappaadjies is netjies onderhou en dit is baie netjies by die suidste punt van Suid-Afrika, net geen publieke toilette nêrens daar te vinde nie."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
The Tiki Hut"Lovely little village - the locals are so friendly."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Cottage"Arniston hotel se etes was heerlik. Beach walk na grotte aangenaam."
"Dit is regtig 'n lekker plek om uit te span. Daar was gelukkig nie 'n verdrukking van mense nie, hoewel die weer heerlik was. Sal beslis weer teruggaan."
"Winderig, maar heerlik. Die boekwinkel by Beachcomber was 'n treffer, asook Fish and More (heerlike snoekpatee) en die koffiewinkel was voortreflik."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Gansbaai Central Accommodation"So many things to do and great places to see! Love it!"
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Gabriella's Accommodation"Net jammer van die plekke wat vroeër toemaak op 'n Saterdag. Het ongelukkig laat gearriveer omrede verpligtinge in Belville en kon nie alles gaan sien nie."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Lily House"Daar was baie probleme met die krag die naweek, maar ons het nogsteeds baie lekker gebly en is mal oor Bettysbaai."
"Pragtige dorp met lekker eetplekke en wynplase. 'n Paar 'upmarket' klein winkels sal ook lekker wees. Toerismeburo was Saterdagoggend toe. Ons het baie lekker geëet by Reader's Restaurant."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Langebaan Anchor's Down"Kan dit vir enige gesin aanbeveel, wat wil ontspan en rustig verkeer."