Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4354 resensies.
Oslo Beach, Ontsnap Uit Durban
Dracaena Gardens"Dis 'n klein, intieme strandjie - dit was regtig heerlik om te kon voel jy's op 'n eiland, weg van almal en geen geraas! Dit was lekker om die hele strand vir onsself te kon hê! Daar is nie baie sulke plekkies oor nie, so dit was 'n bonus!"
Shaka's Rock, Ontsnap Uit Durban
Ocean Gorge Seafront Getaways"Shaka's Rock is great if you have small children as the rock pools are lovely. But it's not great if you'd like to actually swim in the sea."
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."
Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban
Sonnestrale House"Goeie visvang area, naby al die groot strande en vermaak en by die winkels."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Daar is baie om te doen soos diepseehengel, perdry in wildreservaat, boot ry op meer om seekoeie en krokodille van naby te sien, kaasfabriek besoek, krokodilplaas, restaurante met vars vis tot lekker lang stappies saam jou geliefdes of honde op die strand. Het elke oomblik geniet."
"Baie aktiwiteite in en omgewing, iets van als, en is nog rustig sonder baie verkeer, sommer net lekke!"
"St Lucia is 'n droom bestemming - ry links en jy is in die bos; ry regs en jy is op die strand. Duikertjies, impala en sebras loop sommer links en regs verby jou en die dorp het warm, vriendelike mense orals."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Mense is baie vriendlik en aangenaam. Sal beslis weer kom. Die strande is baie skoon."
"Umdloti is AWESOME! Love taking the dogs for a quick getaway, easy access to the beach, enjoy awesome walks ... it is magic if you want to unplug & forget reality to tune into nature. Not over commercialised and love the feeling of freedom ... you can walk after dark and still feel safe. Saw young children riding their bikes and walking along the street with no adults in sight ... great to see there are places children can have a normal childhood - which isn't in a walled in estate!"
Scottsville, Ontsnap Uit Durban
Thembelihle Guest House"Lovely area. I would travel to Scottsville again."
"As die meer se mond oop en in verbinding met die see is kan dit baie meer vakansiegangers lok. Ongelukkig is dit die werking van die natuur wat die tonne sand voor die estuary se monding neergelaat het, maar ons hoop en vertrou dat die uitwerking van die Umfolozi (as dit reën) 'n permanente oop riviermonding tot gevolg kan he."