Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Bloemfontein was in die verlede een van die mooiste dorpe/stede, maar paaie en algemene agteruitgang skok. "
"Bethulie lê na aan ons hart. Net jammer hul strate is glad nie van die beste nie."
"Pragtige dorpie. Lieflike omgewing, heerlike snuffelwinkeltjies. Verskeidenheid eetplekkies. Die busstop op pad Golden Gate toe is 'n lafenis vir die siel. Lieflike mense en kosbare kuns."
"Very nice little town with a lots of to do. But please Clarens municipality! Invest in your own electricity supply for the whole town, so everything could continue without the "Eskom loadshedding" circus. If so - you get 5 stars."
"Ek het in die dorp grootgeword. Die agteruitgang is duidelik waarneembaar. Die meeste strate is vol slaggate."
"Clarens se minder aantreklike boetie, maar ons het die area vreeslik geniet."
"Memel is die moeite werd om te besoek. Jy kan in die straat stap, het veilig gevoel. Baie mooi plattelandse dorp."
"Parys bied voedsel vir die siel. Daar is soveel mooi plekkies en winkels om te besigtig. Die grootste verrassing was Art Lovers! Alhoewel dit 'n vyfster gastehuis en restaurant is is hulle restaurant-disse baie bekostigbaar. Alles word met finesse en afronding aangebied. O's, Hoi Polloi en Lekker Bistro is ook aan te beveel."
"Fantastiese naweekwegbreek. Die dorpie fokus op toerisme en het 'n sterk gemeenskapsgevoel. Lekker restaurante en pragtige uitsigte. Beplan egter langer reistyd na jou bestemming om rustig te reis, vir 'n veilige reis. Paaie het vreeslik baie slaggate op pad, maar is begaanbaar op 'n stadiger spoed."
"'n Stil, rustige dorpie met baie winkeltjies om te besoek en oulike koffiewinkels en restaurante."
"Rosendal het my verwagtinge oortref! Ek reël reeds my volgende besoek. Ons het so welkom gevoel daar. Baie lekker geëet by elke plek, en nog lekkerder saam met die plaaslike mense gekuier en geleer. Die restaurante daar sal maklik 'n groter dorp s'n ore aansit."
"Was daar vir opleiding. Sal nie van toerisme kan praat nie. Was voorheen daar, maar moet erken, weet nie juis van interessante plekke nie."
"Bloemfontein is 'n goeie bestemming, maar daar is plekke soos die middestad wat liewers vermy moet word, want dit is verwaarloos en infrastruktuur word nie in stand gehou nie. Voorstede is baie netjies en die pad se uitleg is maklik."
"Hierdie dorp se ideale ligging, naby Clarens en ander klein meer besige dorpies, maak dit ideaal. Wens net die stadsraad wil die dorp se paaie opgradeer. Slaggate is verskriklik!"