Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 8037 resensies.
"Baie meer as wat ek verwag het. Die ontwikkeling as toeristebestemming het baie verander sedert ek jare terug in Clarens was."
"Net jammer dat Bloemfontein baie agteruit gaan weens 'n uiterse swak munisipaliteit."
"Goeie plek om oor te stop, potensiaal om ou erfenisgeboue te restoureer en rêrig mooi te maak en te bevorder as toeriste-aantreklikheid."
"Town itself is a bit dirty and unkept. Potholes. Some sites were closed, after Google said they are open."
"Dienslewering is swak vanaf munisipaliteit, hulle neem nie die vullis weg nie. Almal sit swartsakke uit wat nie op gereelde tyd verwyder word nie, honde skeur dit oop en dit lyk onnet. Die inkopiesentrums is mooi met verskeidenheid van winkels. Gaan maar in Bloemfontein soos elke stad/dorp in onse mooi land."
"Clarens is a very nice place to visit and have quality time with your partner. The vibe is very good."
"It is a small town, not much is happening but it is excellent if you travel for work."
"Ons is gereeld in Parys, ons geniet dit maar sal beslis nooit weer by River Bush Lodge slaap nie."
"Oulike dorp. Enigste probleem is die beperkte verskeidenheid van eetplekke na 20:00."
"Lovely destination to get away from busy city life. Interesting shops that sell unique products."
"Konsentrasiekampkerkhof (dankie Lente), Pellissiermuseum (dankie Trudie), Ossewaspore, Gariepdam, pragtige brug oor die Oranjerivier, die Ou Kar-restaurant - baie meer as wat ons verwag het."
"Het self 5 jaar in Bloemfontein gebly. Kan dit nie eintlik 'n toeristebestemming noem nie, meer 'n oornagverblyfplek vir toeriste."
"Die natuurlike omgewing soos die vaaldam onder andere is baie mooi en perfek vir 'n rustige herlaai en wegbreek. Baie interessante en anderste omgewing, daar is baie besienswaardighede en doendinge in die nabye omgewing soos die glanse de Vry Distillery en ook op die pad gesien daar is 'n leeuplaas in die nabye omgewing. Die grond, klippies en bietjie "potholes" paaie, veral in die aand maak dit bietjie moeiliker, maar definitief die moeite werd, veral met 'n moontlike bakkie."
"Die rommelbestrooide strate en die algemene verval van die padoppervlakte is 'n jammerte. Dit kon egter niks wegvat van die Vrystaatse Gasvryheid en bekoring van die natuur tonele uniek aan die riemland nie."
"Die omgewing is pragtig en bied baie ekstra aktiwiteite. Soos gewoonlik, stop ons ons voertuig in Clarens en stap van winkel tot winkel vir ekstra spesiale en unieke items. Ek beveel beslis Maluti Mountain Adventures aan vir 'n fantastiese quad bike avontuur van ongeveer 3 ure lank."