Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Baie oulike plek! As ou kampeerders op Gansbaai, is Kleinbaai en omgewing reeds baie goed aan ons bekend!"
"Ons het baie lekker geëet by Rosemary & Thyme. Kan dit beslis aanbeveel. Coffee on the Rocks het heerlike koffie gehad en baie mooi uitsigte saam met ons ontbyt."
"Dis 'n rustige plek met vriendelike mense. Daar is wandelpaaitjies al langs die see in Franskraal en orals bankies om op te sit. Skoon en netjiese dorp."
"Dit is al die vriendelike en hulpvaardige mense wat vir Gansbaai lekker maak."
"Ek het buite spitsseisoen gereis en dit was heerlik stil en kalmerend in Kleinbaai."
"Gansbaai is oulik maar daar is nie veel te doen nie - gelukkig naby plekke soos Hermanus en Kleinbaai - sal moeilik wees om klein kinders besig te hou omdat daar nie regtig 'n strand is nie - vir meer volwasse toeriste is dit egter 'n baie lekker plek om te gaan ontspan en ons sal beslis weer gaan."
"Ek is mal oor see en visvang. Lekker rustige dorpie maar daar is genoeg van alles sonder om ver te ry. Die mense is ook baie vriendelik."
"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
"Next time we come in September or October when the whales swim in front of the room."
"Dis 'n baie mooi dorpie met 'n fantastiese atmosfeer. Besoek gerus Tolbos vir aandete. 'n Wonderlike restaurant in die middel van Gansbaai."