Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 774 reviews.
"Kleinbaai is pragtige plek, die naby geleë restaurant (The Great White House) is 'n moet (probeer die Perlemoen!). Behalwe vir die haai- en walvisbootreise is daar nie veel om te doen in Kleinbaai self nie, maar as jy bereid is om te reis is die omliggende omgewing baie mooi."
"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Alles wat mens nodig het vir 'n naweek se wegbreek is daar, of naby genoeg. Mal oor Franskraal."
"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."
"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."
"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "
"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
"Gansbaai is geleë naby oulike besienswaardighede. Ons het gereeld uitgery na Stanford, Hermanus, Franskraal, Uilenmondkraal, Baardskeerdersbos en Pearly Beach. Die lokale seekos was uit die boonste rakke. Veral die Boathouse waar mens teen billike pryse vars voorbereide seekos kan geniet in die hawe. Gansbaai is 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Die visvanggeleenthede in die hawe kraai ook koning."
"Klein rustige dorpie. Sentraal geleë vir besoeke aan omliggende stranddorpies, walvis kyk, staproetes en die pikkewynbeskermingsoord."
"Not much to see or do in Gaansbaai, but close enough to Hermanus for shopping, eating out or a busier vibe."