Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9692 resensies.
"Wonderlike, hulpvaardige personeel. Ingestel op die toeris en sy behoeftes. "
"Stilbaai is 'n lieflike dorpie met pragtige natuurskoon. Hier word daar geroei, visgevang, gedraf, geloop, branderplank gery, ens. Daar is genoegsame winkels in hierdie dorpie vir alles wat mens kan benodig! Definitief aan te beveel vir vakansie, permanent sowel as aftree!"
"Ek sal baie baie graag die eienaar/s van hartenbos slaghuis wil geluk wens met die wonderlikste, heerlikste vleis wat ons daar gekoop het. Die hele slaghuis is so uiteengesit en toegerus om enige dagkamper of vakansiegangers wat wil braai so gemaklik te maak, want daar is van tuisgemaakte slaaie tot die heerlikste vleissoorte om van die kies. Daar is hout, steenkool, tange, houtaanstekers, roosters en nog wat. Die mense wat jou bedien is van die boonste gehalte en reg met goeie raad en hulp en die vriendelikheid straal uit hulle uit. Hartenbos slaghuis, julle is bobaas en ek wens dat julle aflewerings in Uitenhage gedoen het, want daai poniesterte van julle is iets uit hierdie wêreld. Weereens baie dankie. Julle sien ons gou weer. "
"Its a beautiful area. The beach is a stone's throw away. It's pitch black at night which is awesome. The sound of the waves at night is very relaxing. Even without street lights we felt safe as ADT patrolled up and down the street all night long. Was delighted to see buck at the side of the road. Lovely area and not from many interesting sights, birds of Eden, Monkey and and many more."
"Stilbaai self, baie mooi uitsig, see pragtig en skoon. Die Stilbaai gemeenskap nog so bietjie voor '94, die pub het nog ou SA flag so ek was bietjie bekommerd. Die klein juwelierswinkel waar ons so bietjie soos kriminele gehanteer was, was nogal iets om oor te praat die aand langs die kaggel. Maar die feit dat daar geen goeie restaurante was nie, is nogal 'n groot teleurstelling, maar sal wel weer daarheen wou terugkeer."
"Dit was ons eerste besoek aan Stilbaai, lieflike dorpie met mooiste wit strande en oorgenoeg winkels!"
"Die dorp self doen dit nie meer vir my nie, te besig en parkeerplek 'n probleem. Daar word te veel van dieselfde produkte aangebied en te oorweldigend vir die toeris. Die omgewing buite die dorp en wat alles besigtig kan word is 'n groot inspuiting vir Knysna."
"Oudtshoorn is 'n dorp wat 'n mens baie maklik kan geniet oor die vriendelikheid van die dorpsmense."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Die dorp self het nie veel om te bied nie. Al die omliggende aktiwiteite is ongelooflik. Ons het Jukani, Birds of Eden en 'n game drive by die Plettenberg Game Reserve gedoen. Alles ongelooflike ervarings gewees. "
"Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld."
"Dit is die perfekte plek om jou foon af te skakel en die natuurskoon te geniet. Van wandelroetes, vis vang en skulpies optel. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam."
"Wildernis is 'n sprokiesmooi plek. Dit is rêrig 'n plek om weer te besoek en geniet."