Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9692 reviews.
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Glentana is 'n stil en veilige bestemming vir 'n gesinsvakansie. Net 10 tot 15 minute vanaf George-lughawe, die vulstasie en winkels by Groot Brak. "
"Mooi area, maar nie veel om te doen in die nabye omgewing nie. Behalwe vir die see is daar nie veel ander buitemuurse aktiwiteite nie. "
"Besig om sy plattelandse atmosfeer te verloor. Dit is wel nie noodwendig nadelig nie en behoort 'n jonger geslag toeriste/families goed te pas."
"Lekker strand. Die hoofstrand was moeilik bereikbaar agv die huidige bouwerk, maar dit gaan baie lekker en mooi wees wanneer dit klaar is."
"`n Karaktervolle wêreld met baie kultuur, geskiedenis, natuurskoon en passievolle mense. "
"Ek hou baie van Mosselbaai. Die eetplekke by die punt (twee van hulle) is baie goed. Ek het by die "Carvery" langs die hotel geëet. Verskriklik lekker kos. Verlede jaar het ek die Oyster Catcher Trail gedoen en vier dae by die Blue Whale Lodge gekuier."
"Pryse is buitensporig vir Suid-Afrikaanse toeriste en toegangsgelde om sekere besienswaardighede te sien ook buitensporig. Oudshoorn het net die oorsese toeris in gedagte en dink nie aan die Suid-Afrikaner wat ook wil toer nie."
"Pragtige dorp, skoon skoon skoon. Almal, van die pompjoggie tot die restaurantpersoneel, tot die werkers op straat gaan uit hul pad om ons op die hande te dra. Vriendelik en aangenaam. Dit was voorwaar 2 heerlike dae van ontspanning en geniet. "
"Hartenbos gee n lekker onstpanningsgevoel sodra jy die plekkie binne ry. Ek vertrou dat die nuwe speelparke wat gebou word nie te duur sal wees nie. Ek sal baie beslis weer by Suidersee 'n bespreking maak! Thumbs up for Suidersee! You guys rock!"
"Pragtige dorp! Oulike winkels en die nuwe Zipline by die Kango-grotte is 'n moet om te probeer. Heerlik op die stoep gesit en 'n drankie geniet by die restaurant waar Zipline eindig! Vriendelike personeel!"
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Strand is pragtig en mooi skoon en Wildernis is gerieflik geleë naby soveel ander plekke om te besigtig en om dinge te gaan doen. Daarby is Wildernis 'n pragtige plek met baie groen plantegroei."
"On the Rocks is die beste restaurant met groot porsies en waarde vir jou geld. Ek sal definitief weer Stilbaai besoek. "