Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9692 resensies.
"Mooi en baie sentraal. See pragtig en verblyf is naby verskeie besienswaardighede."
"Dit was pragtig en asemrowend. Was by die see in Plettenbergbaai. Die natuurskoon is uitstekend. Sal dit aanbeveel vir enige persoon wat in die omgewing is om 'n draai te maak in Plettenbergbaai. Volgende keer sal ek langer bly en my bergfiets saamvat."
"As 'n stil en rustige vakansie jou ding is, is Stilbaai net die plek vir jou. Die mense is baie vriendelik. Walvisse en robbe is heel sigbaar. Restaurante bied uitstekende kos."
"Die dorp is baie skoon. Hulle is tans besig om die pad vanaf die N2 na Stilbaai op te gradeer, so verwag maar 'n paar vertragings."
"Die Map of Africa was 'n spesiale belewenis. Alle mense moet net daarvan weet. Daar was ook 'n vrywillige gids wat 'n mens rondwys en detail vertel. Uitsig na see ook baie spesiaal. Wildernis-strand 'n wonderlike stap werd met baie mooi spoelklippe en skoon sand. Die restaurant in die ou stasiegebou 'n besoek werd. Klein winkeltjies ook baie interessant. "
"Witsand is a very peaceful, quiet area and also a good place to fish. If you are looking for activities for kids, it's the wrong place to be! "
"Pragtige skoon toeriste-vriendelike dorp. Wil daar gaan aftree eendag. Nr 1 in die hele land!"
"Goeie ligging om te ontspan en die Tsitsikamma te beleef. Goeie keuse vir natuurliefhebbers."