Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9692 reviews.
Great Brak River, Garden Route
W21 Guest Rooms"Beautiful place just far enough away from the maddening crowd but close enough to cities."
"Ek sal voorstel, dat daar 'n bietjie meer dinge gereël word rondom vermaak, veral in die stil tye. 'n Mens op reis het vermaak nodig in die aand, en oor naweke."
"Op het strand liggen prachtig gevormde rotsen. Het nabij gelegen Knysna is een bezoek waard."
"Wildernis is vir seker een van die mooiste plekke op die Tuinroete. So naby aan ander dorpe en strande."
"Absoluut skoon en die natuurskoon onverbeterlik. Beveel sterk aan vir iemand wat vir 'n dag of twee net wil gaan rondloop by die see. "
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER."
"Fantastiese vakansieplek, onthou net om jou jas saam te vat, kan skielik net koel raak daar."
"Wildernis altyd die beste. Baie lekker restaurante. Net lekker om te loop op die strand of om in 'n kano te vaar al langs die lagoon af. Pragtig."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"Die dorp het 'n karakter wat mens vinnig opval. Die lewe op 'n Saterdagoggend herinner aan vervloë dae!"
"Omgewing pragtig, paaie daarheen goed, plek het uitgebrei. Lekker om langs see en wandelpaaie te stap. Inwoners baie vriendelik."
"Sal baie graag terugkom sodra die warm swembad en slides klaar is, dink gaan baie nice wees en dan is suidersee se verbkyf ideaal vir kinders om net oor die pad te stap."
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Wildernis is 'n baie oulike toerisme dorpie met pragtige natuurskoon van die see asook riviere. Die dorp het veral baie goeie restaurante wat ons vreeslik geniet het. Wildernis is ook baie naby aan George en Knysna geleë vir lekker uitstappies na die groter dorpe."