Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"Pretoria-middedorp en omgewing het maar baie agteruit gegaan die afgelope 20 jaar en dis hartverskeurend. Sal nie Pretoria besoek as 'n toeriste-aantreklikheid nie, maar wel om vir vriende, familie en kinders te gaan kuier."
"Goed onderhoude stad met strate wat oor die algemeen in 'n goeie toestand is. En die sypadjies is ook skoon vir voetgangers. Pretoria is 'n stad met 'n dorpsatmosfeer. Vriendelik en gemaklik."
"Het al vele male vir sakereise sowel as privaat in gastehuise, AirBnB's sowels as B&B's gebly in Pretoria en was nog elke keer baie tevrede met resultate. "
"Daar is pragtige plekke wat almal reg doen aan Pretoria en sy inwoners. Ek is 'n gebore Pretorianer en sal altyd een bly."
"As oud Pretorianer is ek so bietjie bevooroordeeld. Baie lekker klimaat wat moeilik geklop word."
"We were close to South Gate Mall, and the taxis in traffic are too many, and driving laws are treated like suggestions."
"Mens besef nie altyd watter rustige bestemmings naby ons is nie. Beslis die moeite werd vir 'n wegbreek."
"Ontbyt was heerlik behalwe die vrugteslaai was 'n blikkie slaai en nie regte vars vrugteslaai nie."
"Het 'n fantastiese, amptelike wildrit by Mongena Game Lodge gehad. Goed bestuur en uiters netjies."
"Soos enige kleindorpie is daar maar tekens van verval met slaggate. Die rivier is 'n groot bonus en dis baie rustig langs die rivier."
"Baie mooier en vriendeliker stad as Johannesburg en baie gemakliker om rond te beweeg."