Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3192 reviews.
"Ek woon in Pretoria, hier is baie om te doen, asook vriendelike mense oral waar jy gaan."
"We are from Johannesburg and needed a quiet, tranquil place for a retreat and this accommodation was ideal for our group. Shops, shopping centers and restaurants are a minute drive away."
"Beste restaurante/ pubs/ vibes en almal is vriendelik en lekker mense. Restaurante wat ons gunsteling was: Die Land, @ the Beach Bar, SowaarBar, Padstal en die Boerkombuis. Almal in 'n 10 km radius vanaf die Green Whisper. Dankie Pretoria vir al die braaibroodjies op julle menus! "
"Soos enige ander plekke op die platteland gaan Meyerton ook maar agteruit, maar darem nie so sleg soos ander plekke nie."
"So naby aan Pretoria, maar tog voel dit of 'n mens in die hartjie van die Bosveld is."
"Verkeer 'n nagmerrie, veral met loadshedding en robotte wat nie werk nie."
"Ek is nie mal oor die stad nie. Sal nie daar vakansie hou of oorbly as dit nie absoluut noodsaaklik is nie."
"Soos in die res van die land het Pretoria heelwat vervalle voorgekom en die elektriese kragkrisis het daartoe bygedra dat besigheid nie soos voorheen glad kon verloop nie. Hier moet spesifiek verwys word na die poskantore wat totaal disfuksioneel is."
"Ek het in Pretoria grootgeword. Ons was egter 5 jaar laas in die Pretoria-omgewing omdat ons buite die grense van SA tans woonagtig is. Pretoria het soos enige ander stad verander. Die jakaranda-bome en die omliggende area is prentjiemooi. 'n Goeie reënseisoen sorg vir die pragtige groen-ervaring. Ons mis SA vreeslik baie. Sien julle gou weer."
"Ek is nie 'n stadsmens nie, maar moes lughawe gebruik NZ toe."