Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Graaff-Reinet is die ideale halfpadmerk na jou eindbestemming. Ek oornag graag daar."
"Sou graag in ʼn moderne huis wou bly. Lyk my almal is gaande oor die outentiekheid van die dorp en verblyf, ek waardeer die geskiedenis, maar het groot geword in die ou huisies. Nie my gunstelingverblyf nie."
"Still too much to explore to give full-marks, but definitely exotic destination."
"Mooi skoon dorp. Aanwysings op borde miskien nie so akkuraat nie, maar het die Spur gekry."
"I simply love Graaff-Reniet, it never disappoints. Charming, clean, lots of historical buildings."
"Graaff-Reinet self is 'n pragtige dorp, maar soos meeste ander plekke voel jy bedreig wanneer jy by enige publieke plek oorval word met sogenaamde motorwagte. Toe ek 'n bekende kettingwinkel besoek het was daar nie minder as 6 mense wat almal geld wou hê."
"Take away establishments could stay open a bit later, especially during busy time like this (inter schools)."
"Puik bestemming. Imelda het moeite gedoen en ook vir ons intressante inlgting oor Graaff-Reinet gegee en plekke om te besoek. Die kaktus- en vetplantwoud, en ou motors is 'n moet!"
"Randall Wicomb se liedjie oor Graaff Reinet beskryf die dorp 100%! "Graaff Reinet het n pad deur ons harte kom loop"!"
"Baie winkeltjies en koffiedrink plekke. Pragtige museums. Te veel om alles in 'n naweek te besoek."
"Dit is 'n ongelooflike pragtige dorp, definitief die moeite werd om te oornag en baie om te sien."
"Mens ry so maklik verby Graaff-Reinet,maar daar is so baie om te sien en beleef. Maak gerus die tyd om daar te stop en die plek te beleef, jy sal nie een oomblik spyt wees nie."