Verified Reviews
Graskop
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graskop
Rated 4.4 out of 5 based on 552 reviews.
"Getting better compared to 4 years ago. Safety seems to be no issue anymore. Graskop is central and ideally located to all the tourist spots."
"Goeie sentrale punt om die omgewing te verken. Lekker eetplekke en rustige atmosfeer. Dit benodig 'n kunswinkel met goeie skilderye en miskien antieke meubels. Syfabriek is uniek en beslis die moeite werd om te besoek."
"Ek sal eerder Graskop gebruik om die die omgewing te verken. Ons was teleurgestel in Pelgrimsrus. Ek moet sê, die feit dat jy nou orals moet betaal om te gaan kyk na plekke in die dorp het my heeltemal afgesit. Verder, die grootste deel van die dorp is net 'n vlooimark met goed wat ek in enige mark kan koop. Bourke Luck is ook net 'n lokval vir toeriste nou. Jy betaal R55 om in te kan gaan. Dan is daar orals vullis wat op die terrein rondlê en nie opgeruim word nie. Die badkamers is ook haglik. Daar is 'n inligtingsentrum, maar geen werklike inligting nie. Ek sal voorstel dat hulle borde opsit wat sal verduidelik hoe die kolgate gevorm is en watter tipe rots dit is. Dit wil ook lyk of daar besoedeling voorkom in die rivier wat daar deurloop."
"In Graskop rains quite a bit so have some plans to spend time indoors. Perfect retreat for a couple "
"Graskop is a very nice place for tourists but most of the lodges don't serve supper so it becomes difficult for people who are used to local restaurants. We had to drive all the way to Sabie to buy supper. "
"I love Graskop just nearby all the activities. Roads are good too. No fast food franchises."
"Graskop het baie agteruit gegaan van ons laas daar getoer het in die vroeë 2000. "
"Hou van die omgewing en natuur. Kan doen met die nuwe winkelsentrum wat daar gebou word."
"Alhoewel die omgewing pragtig en skoon is, gee die dorp self 'n indruk van verwaarlosing. Strate is vol slaggate en besigheidsgeboue kort aandag."
"Graskop is die ideale plek om te wees wanneer jy daardie deel van ons land wil verken en geniet. Die dorpie in die berge, nogal "cute" soos hulle sê. 'n Rit soontoe is 'n moet."
"Die dorp gaan baie agteruit. Daar is verskeie geboue in die middedorp wat leeg staan en paaie in Mpumalanga is in 'n swak toestand. Die enigste besigheid wat floreer is Harries Pancakes."
"Sentraal geleë en maklik om by enige van die vele besienswaardighede en aktiwiteite uit te kom in die omliggende gebiede. 'n Pragtig en rustige dorpie."
"Aangenaam verras oor die groei van klein toerisme winkeltjies en eetplekke sedert my laaste besoek aan Graskop. Sal weer daar wil kuier oor 'n naweek."
"Graskop is beautiful. We visited God's window, Lisbon Waterfall, the Pinnacle, the Potholes and cannot wait to return. I think this is the most beautiful part of our country. "
"Kospryse by eetplekke is baie duur en 'n braai vir twee bestaande uit duur skaap tjoppies is goedkoper as een bord met steak en chips."