Verified Reviews
Graskop
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graskop
Rated 4.4 out of 5 based on 552 reviews.
"This is excellent if you are into nature and hiking. Don't go there if you're looking for shopping, etc."
"Graskop het die mooiste berge en watervalle en natuurskoon. Baie slaggate, wees versigtig op die paaie."
"The town itself sadly does not have much going for it. I will however recommend having dinner at The Glass House - Abe was an exceptional host with the most delicious food. Graskop George Company is a must, even if you are not a fan of heights to do the big swing or zipline, the glass lift and forest walkway is amazing!"
"Ideal vir korttermyn aangesien daar baie besoekpunte is, kan in twee tot drie dae voltooi word."
"Die omgewing is asemrowend mooi, met ongelooflike besienswaardighede. Toeriste mag dalk afgeskrik word deur die slegte toestand van die paaie."
"Dis ‘n baie lekker dorp om te besoek met baie plekke in die nabye omgewing om te besoek. Die paaie in die dorp kort dringend aandag."
"Hulle moet meer in deels kyk om paar masjiene by die plekke te kry sodat toeriste nie met kontant hoef rond te loop nie. Meeste bestemmings wil net kontant aanvaar en dit vir my is 'n hoë risiko veral in die Covid-tydperk."
"Kort beslis 'n ordentlike slaghuis. Spar se vleis het nie goed gelyk nie."
"Die Graskop Gorge Lift moet asb. net begin saam werk as dit kom by sosiale distansiëring. Het het niks toegepas en duisende mense was op die 26ste Desember daar sonder maskers."
"Dit is die beste klein dorpie om te gaan relax of om baie adventurous te wees. Dis die dorpie wat tussen al die toerismebestemmings is."
"Pragtige dorpie en area. Dit was net bietjie duur om by elke waterval en besienswaardigheid te betaal. Ons was nie bewus van die kostes nie en moes omtrent R90 per waterval betaal wat ons nie in ag geneem het nie. Dit is 'n goeie plan om vooruit te bepaal wat die kostes sal wees. Bourkes Luck is R65 per persoon bo 12 jaar & Gods Window was R15 per persoon."
"Graskop is 'n dorp wat naby die besienswaardighede is asook die pragtige natuurskoon."
"Daar is tonne om te doen en om elke draai is 'n pragtige uitsig. Mens sal maande hier kan besig bly om al die besienswaardighede te sien en al die aktiwiteite te doen. Meeste van die aktiwiteite is ook vriendelik op 'n mens se sak, wat genoeg speling los om te 'splurge' op die duurder aktiwiteite, soos die 'Big Swing'."