Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2639 resensies.
"Ons het Chris Barnard meuseum besoek. Baie interessant oor sy lewensgeskiedenis."
"Die mense is baie vriendelik en behulpsaam en 'n fees om mee te gesels. Die museums is insiggewend en al die besighede was gretig om te help. Ons sal weer by Beaufort-Wes kom kuier, "
"Oulike dorp, ek sal nou nie self in die dorp oorbly nie, maar die omliggende plekke is 'n moet sien en daar is baie plekkies wat ek dink jul by jul lys kan gaan voeg. Ons het Oudsthoorn toe gery en Calitzdorp wat meer bied."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense en 'n heerlike plattelandse gees."
"Kookkursusse by The Real Food Company die moeite werd. Die Gin Bar ook 'n besoek werd. Die spookstoriewandeling was ook interessant. Guy se melkstal vir kase en joghurt. Museum vir self gestookte witblits."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Dis 'n mooi dorpie en baie rustig. Mense is vriendelik, maar die verblyf was glad nie aangenaam nie."
"Dit is 'n ongelooflike mooi area en daar is soveel karakter in die dorpie self. 'n Absolute plesier om te besoek."
"Die dorpie is goed geleë vir 'n pitstop op pad na die Kaap. En Beaufort-Wes het alles wat mens nodig het vir daardie oornag stop."
"Pragtige dorp. Die tannie daar bo in die dorp met die melkery het uitstekende kaas en goeie vleis."
"Lieflike, interessante dorpie. Daar is soveel om te doen en beleef. Die plek wemel van puik kunstenaars. Besoek gerus. Ook naby De Rust, Meiringspoort en natuurlik Swartbergpas en Gamkaskloof met Die Hel. 'n Fotograaf se droomwêreld."
"Wat 'n lieflike dorp! Egte Karoo gasvryheid en so baie interessante plekke om te beleef en te geniet. Prins Albert sien ons vir seker weer."